Vaste Fondament

Ek is … 10 Feb.

“Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag.” (Eks 3:11) Wanneer God in die aandwindjie (in Genesis 3) stap en Adam en Eva soek, is die beeld wat by my opkom die van ‘n “Eensame God”: “Waar is jy?” Dit is so anders as wat ‘n mens seker van die Skeppergod sou verwag. God kon hulle mos net afskryf en oor begin? Maar God is die soekende […]

Ek is … 10 Feb. Read More »

VASTE FONDAMENT 31 Jan (Vrydag)

Een van die gereelde sê-goed tussen die tiener-kleinkinders in ons familie is ‘n kort, “so what?” Dit is sommer ‘n direkte manier om te sê, nou ja, na al hierdie dinge wat jy gesê het, wat is die implikasies daarvan? “So what?” En laat jy nou net nie ‘n goeie verduideliking kan gee nie, dan kry jy ook vinnig-vinnig ‘n “useless info”-opmerking terug. Vandag is die laaste dag van ons nadenke oor die vaste fondamente

VASTE FONDAMENT 31 Jan (Vrydag) Read More »

VASTE FONDAMENT 30 Jan (Donderdag)

Soms is dit goed dat ons elkeen ons eie geloofsbelydenis neerskryf. Geensins om die amptelikes te vervang nie; bloot om onsself net weer uit te daag om na te dink oor wat ons glo en waarom ons dit glo. Die bekende Prof Wilhelm Jordaan van UNISA het die volgende geloofsbelydenis geskryf wat ek graag vir jou wil plaas. Dalk inspireer dit jou ook om die pen op te neem… Blydenuus van geloof – Wilhelm Jordaan

VASTE FONDAMENT 30 Jan (Donderdag) Read More »

VASTE FONDAMENT 29 Jan (Woensdag)

Deur die eeue het vele teoloë gesê dat die geloofsbelydenisse bedoel is om daagliks in die lewe van die Christen en die Christelike gesin gebruik te word. Dit herinner ons daaraan dat ons – saam met alle gelowiges oor geslagte heen – op reis is met ‘n padkaart wat die roete vir ons lewe aandui. Ek wonder wanneer die gebruik gestaak is om daagliks – saam – die geloofsbelydenis te sê? Is dit omdat ons

VASTE FONDAMENT 29 Jan (Woensdag) Read More »

VASTE FONDAMENT 28 Jan (Dinsdag)

Teen die einde van Jesus se lewe vat Jesus al sy woorde saam met hierdie kort opsomming: “’n Nuwe gebod gee Ek julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê” (Joh 13:34). Dalk kan ons Matt 7:24 op hierdie wyse vertaal: “Die mens wat Jesus se liefdesgebod inoefen, daardie mens se lewe is op ‘n onwankelbare rots gebou. Liefde is die pilare wat ons lewens regop hou. Die fondasie

VASTE FONDAMENT 28 Jan (Dinsdag) Read More »

VASTE FONDAMENT 27 Jan (Maandag)

Die afgelope weke is die nuuskanale oorheers deur die grubeelde van vernietigde huise in Los Angelos. Maar die brandweermanne het lankal die werklike vuur kon blus, terwyl ‘n ander storie soos ‘n veldbrand begin het, en steeds woedend tier, ook in Suid-Afrika. Meer as een keer het iemand selfs die boodskap per whatsapp vir my aangestuur: ‘n vlammefoto, gemanipuleer om soos ‘n rollende brander te lyk, met rooi letters daarby: “Our God will not be

VASTE FONDAMENT 27 Jan (Maandag) Read More »

VASTE FONDAMENT 24-26 Jan (Naweek)

“Die geloofsbelydenis is ons kompas en fondament; dit help ons om ons geloof te verstaan in ‘n wêreld van veranderende oortuigings” (Skrywer, onbekend). En hoe verander die wêreld nie elke dag om ons nie. Mense dink anders. Mense glo anders. Wat eens algemeen-aanvaarde waardes was, is lankal vir ander oudmodies. Maar daar is een onveranderde – die God in wie ons glo! Die God wat is en was en sal kom. ‘n Jaar of wat

VASTE FONDAMENT 24-26 Jan (Naweek) Read More »

VASTE FONDAMENT 23 Jan (Donderdag)

Een rede waarom die geloofsbelydenisse geskryf is (rondom die 3de en 4de eeu), was ter wille van die nuwe bekeerlinge. Hoe leer ‘n mens die geloofswaarhede ken as jy – anders as ons – nie self ‘n Bybel besit nie? Daarom is die belydenis uit die kop geleer en is dit meer as eenkeer per dag opgesê. Tom (N.T.) Wright som dit mooi op: Die funksie van ons belydenisse is die beginpunt van ‘n reis

VASTE FONDAMENT 23 Jan (Donderdag) Read More »

VASTE FONDAMENT 22 Jan (Woensdag)

Dit is vir my ‘n mooi uitdrukking: “Back to basics.” Dit is wat ons geloofsbelydenisse vir ons is: ‘n herinnering aan die “basics”. Volgens Albert Mohler “(Glo) alle Christene veel meer as net dit wat in die Apostoliese Geloofsbelydenis staan, maar niemand kan minder glo as wat daar staan nie.” Dit is ons “basics.” Die kortste geloofsbelydenis in die Nuwe Testament kom uit Fil 2:11: “Jesus Christus is Here!” In Grieks is dit eenvoudig: “Kurios

VASTE FONDAMENT 22 Jan (Woensdag) Read More »