#Beloftes

BELOFTES #31

“Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.” In ‘n ander vertaling van Spreuke 30:5 staan daar, “Elke woord van God is getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek.” Elke woord wat God gespreek het, kan gesien word as ‘n belofte van God.  Met dit in gedagte wil ek hierdie reeks afsluit met die laaste woorde van Jesus op die laaste bladsy van die Bybel. Net vier […]

BELOFTES #31 Read More »

BELOFTES #30

Hierdie reeks het begin met die belofte dat God by ons is, en hierdie reeks sluit met dieselfde belofte af.   Elke Sondag staan pastors/predikante met ons arms omhoog, gemeentelede met oop hande, en spreek ons die seën oor mekaar uit. ‘n Nuwe reis en ‘n nuwe week wag vir jou buite die drumpel van die kerkgebou; hoe onseker dit ook al mag wees; maar een ding wéét ons: die Drie-Enige God is ons beskermer. Toe

BELOFTES #30 Read More »

BELOFTES #29

Dit gebeur so maklik dat  ’n mens ’n teksvers – hoe mooi ook al – uit konteks aanhaal. Jy maak die Bybel op  ‘n spesifieke plek oop; jou oog val op ‘n enkele teks en dadelik weet jy: dít is “my” teks. Dit het pas met my gebeur – ek het iets gesoek, en voilà, my oog vang hierdie woorde van Paulus: “My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike

BELOFTES #29 Read More »

BELOFTES #28

Die belofte van seën wat God aan ons aartsvader, Abraham, gemaak het (in Gen 17), is so belangrik dat ons ‘n presiese herhaling van daardie belofte kry in Hebreërs 6:13-20.  Dit was nie net ‘n belofte nie, dit was ‘n eed –  die Hebreërskrywer noem dit “twee onveranderlike dinge.” ‘n Belofte op ‘n belofte is ‘n dubbel-versterkte belofte. Daarby herhaal die skrywer dat ál Abraham se erfgename ingesluit was: “Omdat God aan die erfgename van

BELOFTES #28 Read More »

BELOFTES #26-27

Ek wil ‘n wag voor my mond sit wanneer ek oor menslike ellende skryf – ek wat in veiligheid leef; nog nooit honger gaan slaap het nie; nie die grusaamheid van lyding en ontworteling en oorlog ken nie. Hoe donker moet die donkerte nie wees nie om soos Dawid uit te roep: “My Rots, waarom het U my vergeet?” (Psalm 42:10). Tog weet ek, elkeen van ons ken dít wat die 16de-eeuse Spaanse teoloog, Johannes

BELOFTES #26-27 Read More »

BELOFTES #25

Onlangs was ek in ‘n gesprek betrokke waar wyduiteenlopende standpunte gelug is oor die heersende oorloë. Wat ons ten einde laas moes erken, is dat wêreldse vrede (of die afwesigheid van oorlog) deur die eeue nog altyd van korte duur was. Ons verlang almal na wêreldse vrede, want as ons eerlik is, is dit bloot om sorgeloos met ons lewens te kan voortgaan. Maar as ons mooi daaroor nadink, het oorlog altyd met een of

BELOFTES #25 Read More »

BELOFTES #24

Min tekste is so bemoedigend soos hierdie woorde van Jesus aan die dissipels: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matt 6:8). Paulus vertrou so daarop dat hy (in Fil 4:19) met hierdie sterk belofte die gelowiges van Filippi bemoedig: “My God sal al julle behoeftes vervul volgens die rykdom van sy heerlikheid in Christus Jesus.”  Die probleem is dat ons maklik die rykdom van God beperk tot

BELOFTES #24 Read More »

BELOFTES #23

‘n Goeie vriend van my gaan werklik deur ‘n moeilike tyd. Met hom in gedagte skryf ek, wetend dat hier ander lesers is wat ook swaar dra aan hul lewenspakkie. Soms voel ons in oomblikke van beproewing regtig alleen. Of dit gesondheidsuitdagings is, verliese of bloot die vuisvoosheid van die lewensbranders wat ons teen rotse slaan, ons almal ken dit. Ons almal ken tye waar ons smag na verkwikking, omdat ons ‘n doodse moegheid in

BELOFTES #23 Read More »

BELOFTES #22

Ek wil steeds by Jeremia se profesie (m.a.w. God se belofte) bly, want iets in hoofstuk 32 wil my gedagtes nog nie los nie. In Jeremia 32:40b staan daar: “Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie.” Die 1953-vertaling gee dit bietjie anders: “Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.”  Daar is ‘n groot verskil

BELOFTES #22 Read More »

BELOFTES #21

Ons sit die vervolgverhaal voort: God het met Abraham en sy nageslag ‘n verbond gesluit om hul God te wees (aldus #18). Maar, telkens verruil die nakomelinge van Abraham, Isak en Jakob die Lewende God vir lewelose afgode. ‘n Gebreekte verbond kan nie vasgegom word nie; dit is soos kliptafels wat uitmekaar spat, sou hulle die grond tref. Maar, daar word ‘n nuwe belofte gemaak (in Jeremia 31, sien #19-20). Een wat wag op vervulling.

BELOFTES #21 Read More »