
Lees jou daaglikse meditasies hier
Klik gerus onder om my daaglikse meditasies te lees. Elke meditasie word vergesel met ’n gepaste musiekvideo uit alle oorde van die wêreld. Jy kan die dagstukkies ook per WhatsApp ontvang. Stuur ’n boodskap na 0832810547 of aan ronellbezt@gmail.com om daarvoor te registreer. Dui ook aan of jy dit soggens (06:30) of saans (21:00) wil ontvang.
#15: Die offer wat herstel
VAN GENESIS TOT OPENBARING (21 Sept)#15: Die offer wat herstel ”Daar is die Lam van…
#14: Wanneer ons wegdraai
VAN GENESIS TOT OPENBARING (18 Sept)#14: Wanneer ons wegdraai ”Ek self sal my skape soek…
#13: Geroep tot dig teen God se hart.
VAN GENESIS TOT OPENBARING (17 Sept)#13: Geroep tot dig teen God se hart. Ek sal…
#12: Om “soos ander” te wil wees
VAN GENESIS TOT OPENBARING (16 Sept)#12: Om “soos ander” te wil wees ”Gee ons nou…
#11: Wanneer God tussen mense kom woon
VAN GENESIS TOT OPENBARING (15 Sept)#11: Wanneer God tussen mense kom woon ”Hulle moet vir…
#10: Die pad van vryheid deur die water
VAN GENESIS TOT OPENBARING (14 Sept)#10: Die pad van vryheid deur die water ”Die Here…
Ek wil jou byvoorbaat dus uitnooi: hierdie is Genesis tot Openbaring
Elke dagstuk bestaan uit ‘n kort nadenke (vir die besige mense wat nie baie tyd het om te lees nie), en vir die ander is daar verdere bybelstudiemateriaal oor die dag se tema. En ja, dan deel ek ook vir jou ‘n musiekvideo wat my hart aanraak.Daar is genoeg populêre musiek om elkeen se voorkeur te vervul. Maar, ek kies graag musiek wat dalk minder gereeld geluister word: kerkkore; acapellamusiek; klassieke kerkliedere, ens. Elke dag se musiekkeuse praat saam met die dag se meditasie.


Help my om die reekse moontlik te maak
Ek is opgelei as ‘n Nederduitse Gereformeerde Kerk predikant. Na 30 jaar se voltydse bediening, het ek my werk by ‘n gemeente in Johannesburg verloor. As gevolg van finansiële uitdagings moes ek na Groot-Brakrivier verhuis en gelukkig kon ek by my ouers bly.
Maar ek moes steeds ‘n inkomste verdien! Wat ek wel kon doen, is skryf. Aanvanklik was dit net kort stukkies vir ‘n handjievol vriende, maar mettertyd het dit ontwikkel tot ‘n volwaardige digitale bediening.
Op hierdie manier het die Here ‘n baie hartseer-tyd in ‘n nuwe geloofs-droom verander, en ek kon steeds my teologiese opleiding met passie voortsit.
God se kreatiwiteit is baie groter as wat ons ooit kan voorstel! Hoe min het ek verwag dat ek op 23 Januarie 2022 ‘n Lutherse lid sou word en ook as ‘n predikant aan ‘n baie klein gemeente in die Suid-Kaap sou dien.
Nee, dit is nie ‘n voltydse pos nie; die gemeente is te klein daarvoor. Ek het onderhandel om my digitale bediening voltyds voort te sit omdat daar soveel groeipotensiaal is waaroor die gemeente opgewonde is. So leer ek steeds om finansieel deur geloof te leef, terwyl ek ‘n geloofshuis vind deur die verwelkomende liefde van ‘n Duits-Engelse gemeente.
Asseblief, help my (as jy dit kan bekostig) om hierdie digitale bediening uit te brei. Ek dra al die koste self en wil graag meer mense bereik!
As jou geloof deur my skryfwerk versterk word, mag dit ook vir baie meer mense moontlik gemaak word. Dit is my gebed.
As hierdie reekse jou aanmoedig (en jy dit kan bekostig), oorweeg asseblief om my finansieel te ondersteun.
Indien verkies, kan jy ‘n betaling direk in my bankrekening maak:
STANDARD BANK
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 080042805
RM BEZUIDENHOUT
