VASTE FONDAMENT 24-26 Jan (Naweek)


“Die geloofsbelydenis is ons kompas en fondament; dit help ons om ons geloof te verstaan in ‘n wêreld van veranderende oortuigings” (Skrywer, onbekend). En hoe verander die wêreld nie elke dag om ons nie. Mense dink anders. Mense glo anders. Wat eens algemeen-aanvaarde waardes was, is lankal vir ander oudmodies. Maar daar is een onveranderde – die God in wie ons glo! Die God wat is en was en sal kom.

‘n Jaar of wat gelede het ek ‘n erediens in Wroclaw, Pole bygewoon as ‘n afgevaardigde na ‘n konferensie. Tydens die openingseremonie het die prediker ons genooi om die geloofsbelydenis in ons eie taal op te sê. Aan my linkerkant het my kamermaat gestaan – ‘n vrou uit Kameroen. Dit was roerend toe sy my hand neem en ons – saam met dreunende stemme uit al vier windrigtings van die wêreld – hardop begin met die woorde, “Ek glo in God …”. “Creo en Dios.” “Wierzę w Boga.” “Ich glaube an Gott.” “Ngiyakholwa kunkulunkulu.” “Jeg tror på Gud.”

Iemand sou van buite na die kakofonie van klank kon luister en net kopskuddend kon luister. Tog was daar ‘n ritmiese eenheid in ons sinne. Want ons het geweet, ons is die “mekaar” waarvan die Bybel praat: een kudde (Joh 10); lote van dieselfde wingerdstok (Joh 15:1-8); ledemate van een liggaam (Rom 12:4,5); een tempel waarin die Heilige Gees woon (1 Kor 3:16); een groot huisgesin (Ef 2:19); die volk van God (1 Pet 2:9). By God is daar nie Griek of Jood, Afrikaanse of Zulu; Duitser of Japannees nie. In Christus is ons almal een. Presies soos Christus se gebed in Joh 17 wees: “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees” (v11).

GEBED: En so voeg ek my stem by: Ek glo in U!


MUSIEK:

Ons luister na ‘n bekende Engelse Gesing: “One faith, One Hope, One Lord” soos uitgevoer deur die Vallejo Drive Church Chancel Choir. Hierdie lied is gekomponeer deur Craig Courtney, gebasseer op Ef. 4:4-6, 13

Die lirieke is as volg:

One Faith, One Hope, One Lord
One faith, one hope, one Lord, one church for
which He died. One voice, one song, we lift in
praise to Him who was and is and shall be ever-
more.
There is one body, one Spirit, as you were called
to one hope. One Lord, baptism and faith, on God
and Father of all, above all, and through all, who
is in you all.
One faith, one hope, one Lord, one church for
which He died. One voice, one song, we lift in
praise to Him who was and is and shall be ever-
more.
Though we be many people, diverse with various
gifts, we are given to each other for the unity of
faith, that grow in the knowledge of the Son of
God, in the fullness of Christ.
One faith, one hope, one Lord, one church for
which He died. One voice, one song, we lift in
praise to Him who was and is and shall be ever-
more.
One faith, one hope, one Lord, one God!