Renovaré

19 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Lydenstyd word dikwels beskou as ‘n seisoen van sombere nadenke. Tog gaan die hele reis eintlik oor vernuwing – “Renovaré”. En dit is tog allesbehalwe somber! C.S. Lewis skryf in sy boek, The Problem of Pain: “Joy is the serious business of Heaven.” Soos ons geskep is om met God verenig te leef, so is ons geskep om ‘n lewe met sielsvreugde te leef. Dít is hemels. Het jy opgemerk dat Dawid twee maal bid, […]

19 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

18 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Soms kan gelowiges geloofsake so ingewikkeld maak. Dalk is dit bloot een van die verleidingstaktieke van die verleier (wat ook Jesus in die woestyn teëgekom het). Die grootste verleiding is sekerlik dat ons God nie ernstig op God se woord neem nie. Wanneer Dawid pleit, “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig” (Psalm 51:12), dan bid Dawid net dit wat God self beloof. “Ek sal julle ‘n

18 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

17 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Lank voordat die Griekse filosoof, Sokrates, geleef het, het Koning Dawid geworstel met ‘n ondersoekende lewe. Maar Dawid gaan een tree verder as Sokrates – hy kyk nie net na sy lewe nie; hy gaan staan by God en kyk vanuit God se perspektief na sy lewe. En dít is waarom hy ten einde laas sê, “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë” (Ps 51:6). Skuldbelydenis gaan

17 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

14-16 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Die drie “erre” (sien #3 Maart) is vir my ‘n goeie opsomming van Lydenstyd: “reflection”, “repentance”, “renewal.” Presies wat #Renovare ” ook impliseer”: vernuwing deur nadenke en belydenis. Sokrates, die Griekse filosoof (4de eeu vC), het eenmaal gesê: “’n Lewe wat nie ondersoek word nie, is nie die moeite werd om geleef te word nie.” Dis waar – hoe kan jy voluit leef as jy nie reflekteer oor waarmee jy jouself besig hou nie? Hoe

14-16 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

13 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Lydenstyd is woestyntyd. Met ‘n tong wat aan jou verhemelte klou, jou oë skrefies getrek teen die verblindende son, so behoort hierdie reis vir ons te wees: hoe langer die dae raak, hoe groter raak die smagting na vernuwing. Die begeerte na ‘n “Renovaré-lewe” is groter as die suigkrag van ou begeertes en ou gewoontes! In die Bybel word die begrip “dors” gereeld gebruik as ‘n uitdrukking wat ons verlange na God verbeeld. Net voordat

13 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

12 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Ons trap so maklik in die strik om genade “verkeerd om” te verstaan asof óns iets moet doen, dán sal God ons genadig wees. Maar, genade werk presies anders om: dit is God wat genadig is, en dáárom wil ons iets doen. Genade word altyd ontvang! ‘n Goeie voorbeeld is die woorde van Jesus in Johannes 6:44: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe

12 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

11 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Ons begin Lydenstyd altyd op die spore van Jesus wat 40 dae in die woestyn deurgebring het, en in die tyd drie maal deur die versoeker verlei is (Lees Matt 4 en Luk 4 meer hieroor). Dit is waar dat hierdie drie versoekinge dieselfde is as waarmee ons ook elke dag verlei kan word. Versoekinge kan met drie woorde beskryf word: hedonisme (liggaamlike genot); egoïsme (selfsug en grootheidswaan), en materialisme (wêreldliefde). Die implikasies van hierdie

11 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

7-9 MAART (NAWEEK) – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

My ouers het pas hul 65ste huweliksherdenking gevier. Ek hoor hulle gereeld mekaar op hul troetelname aanspreek: “’Klonkie’ (of ‘Meidjie’), ek is lief vir jou.” Was daar tye wat hulle gewonder het of hulle huwelik nog die moeite werd is? Ek sou so dink! Wat ek weet, is dat hulle – 65 jaar later – steeds oomblikke het wat hulle moet sê, “vergewe my”. Daar is steeds misverstande en kleinserigheid en “ekkigheid”. Tog is hierdie

7-9 MAART (NAWEEK) – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

6 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Die oorsprong van woorde fassineer my. So leer ken ek ‘n nuwe Engelse woord, “compunction”. Die woordeboek vertaal dit met spyt en wroeging. Ook met gewetensknaging. “Compunction”, so leer ek, is afgelei van die Latynse “compungere”: om met ‘n skerp punt te steek. (En nou verstaan ek sommer ook hoe ‘n fiets se band afblaas omdat dit skielik ‘n “puncture” gekry het.) Dit is ‘n slegte ding as ‘n mens met so ‘n selftevredenheid leef dat

6 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »