Aanhouer vasstaan
Lig in die Winter 14 – Aanhouer vasstaan (20 Jul) Ons bewonder dikwels mense wat groot hoogtes bereik. Die Bybel bewonder dikwels mense wat eenvoudig aanhou. So bou Noag vir jare aan ‘n ark voordat daar ‘n wolkie op die horison verskyn (Genesis 6-7). Simeon wag sy lewe lank in Jerusalem om die Messias in sy arms vas te hou (Lukas 2:25-35). En Anna, die profetes, dien God dag-en-nag lank in die tempel totdat sy […]










