Spiritus Vivus

SPIRITUS VIVUS #14 (19 Junie )

Die Gees: Rus ons toe Ons is dikwels geneig om God se gawes op ‘n ranglys te plaas – die “buitengewone” gawes soos wonderwerke en profesie lyk soms meer indrukwekkend as die “gewone”. Maar God se genade is veelvoudig, wat beteken dit kom in alle vorme en groottes.Ja, ‘n sin vir humor is ‘n gawe! Dit kan lig bring in donker tye, spanning verlig en mense met mekaar verbind. Kreatiwiteit – of dit nou in […]

SPIRITUS VIVUS #14 (19 Junie ) Read More »

SPIRITUS VIVUS #13 (18 Junie)

Die Gees: hou ons in verwondering ANKERGEDAGTE: Die Gees is die lens waardeur ons kyk as ons Goddelike skoonheid om ons wil sien. Gebed: Heilige Gees, laat ek tog nie blind deur die lewe gaan terwyl U my lewe met skoonheid omring nie. DEEL B (vir diegene met meer tyd):Lees Prediker 3:1-11. Neem ‘n oomblik om bewustelik ‘n “gewone” ding vandag raak te sien – dit kan ‘n wolkpatroon, ‘n glimlag, ‘n geluid, of selfs

SPIRITUS VIVUS #13 (18 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #12 (17 Junie)

Die Gees: Droefheid se Trooster ANKERGEDAGTE: Die Gees laat toe dat ons rou, maar Hy is die bystand wat ons vertroos en ons staande hou, sodat hoop nie verlore gaan nie . Gebed: Heilige Gees, dankie dat U my Trooster is. Dankie dat U my steunpilaar is. Dankie dat U hier is. DEEL B (vir diegene met meer tyd):Lees Johannes 14:16-18 . Druk die lewe jou plat? Hoe kan jy meer bewustelik die “parakletos” in

SPIRITUS VIVUS #12 (17 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #11 (16 Junie)

Die Gees: Jou Vaste Fondasie ANKERGEDAGTE: Deur die Gees is God se teenwoordigheid jou konstante realiteit, sodat jy nie in golwe van onrus steier nie. Gebed: Heilige Gees, versterk my asseblief met U krag in my innerlike mens, sodat ek standvastig kan bly in alle omstandighede. DEEL B (vir diegene met meer tyd): Lees Efesiërs 3:14-19. Neem ‘n oomblik om stil te word en jou eie innerlike toestand te ondersoek. Identifiseer ‘n spesifieke area waar

SPIRITUS VIVUS #11 (16 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #10 (naweeknadenke)

Die Gees: Drywer Van Nuwe Denke ANKERGEDAGTE: Met die Gees in beheer van jou denke, vervang God vrees met Christusvrede en onderskeidingsvermoë. Gebed : Heilige Gees, ek oorhandig my gedagtes aan U. Vernuwe my denke en leer my om soos Christus te dink. DEEL B (vir diegene met meer tyd):Lees Romeine 12:1-3 en Filippense 4:7-8. Neem ‘n oomblik om stil te word en jou gedagtes te ondersoek. Identifiseer een spesifieke negatiewe gedagtepatroon wat jou gedagtes

SPIRITUS VIVUS #10 (naweeknadenke) Read More »

SPIRITUS VIVUS #9 (12 Junie)

Die Gees: Gesondmaker ANKERGEDAGTE: Die Gees transformeer ons daagliks:van simptome van die dood na die volheid van Christus se lewe. Gebed: Maak my elke dag gesonder, sodat ek al meer U beeld mag reflekteer en die Lewe self kan weerspieël. DEEL B (vir diegene met meer tyd): Lees Galasiërs 5:16-25 en 2 Korintiërs 3:17-18 . Dink na oor die kontras tussen die “werke van die vlees” en die “vrug van die Gees”. Hoe kan jy

SPIRITUS VIVUS #9 (12 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #8 (11 Junie)

DIE GEES: KRAG VIR DIE SWAKSTES ANKERGEDAGTE: Geesgevulde swakheid ontsluit God se onbeperkte krag . Gebed: Heilige Gees, ek lê my swakhede voor U neer. Gebruik my gebreke, sodat Christus deur my kan skyn. DEEL B (vir diegene met meer tyd ): Lees die hele gedeelte van 2 Korintiërs 12:1-10 . Dink na oor jou eie “doring in die vlees” – daardie aanhoudende swakheid of uitdaging. Hoe kan jy ‘n houding van “behae” daarin vind,

SPIRITUS VIVUS #8 (11 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #7 (10 Junie )

DIE GEES: VREDE-ANKER VIR DIE STORMS ANKERGEDAGTE: Die Gees anker God se onwrikbare vrede stewig in ons, selfs te midde van lewensorkane. Gebed : Heilige Gees, ek nooi U in die chaos van my omstandighede en bid dat my siel tot rus kan kom in U teenwoordigheid. DEEL B – vir diegene met meer tyd: Lees Johannes 14:15-31 . Dink aan ‘n huidige situasie in jou lewe wat onrustigheid veroorsaak. Hoe kan jy bewustelik jou

SPIRITUS VIVUS #7 (10 Junie ) Read More »

SPIRITUS VIVUS #6 (9 Junie)

DIE GEES: ONS GEBED SE HARTSLAG ANKERGEDAGTE: Die Gees vertaal jou stameling tot die volmaakte gebed voor God. Gebed: Heilige Gees, ek erken my swakheid in gebed. Dankie dat U vir my intree. DEEL B (vir diegene met meer tyd): Lees die hele Romeine 8 . Wat is al die take van die Heilige Gees? Dink aan ‘n tyd toe jy nie geweet het hoe of waarvoor om te bid nie. Hoe het jy die

SPIRITUS VIVUS #6 (9 Junie) Read More »

SPIRITUS VIVUS #5 (naweekgedagtes)

Die Gees: Verander dagtake na roeping *ANKERGEDAGTE: Elke taak, deur die Gees gedoen, is ‘n daad van aanbidding* . Gebed: Heilige Gees, kom vul my met u krag en wysheid in my werk. Help my om alles wat ek doen, met uitnemendheid en tot U eer te verrig, asof ek U direk dien. DEEL B (vir diegene met meer tyd) : Lees Kolossense 3:17-25 saam met Efesiërs 6:7-8 . Dink aan jou huidige verantwoordelikhede. Wat

SPIRITUS VIVUS #5 (naweekgedagtes) Read More »