Ek is…

#Ek is … 28 Feb.

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh 15:5) Die oorsprong van die borrelende fontein is daar waar Moses by die brandende braambos die “ EK IS WIE EK IS”-HERE (in Eks 3) ontmoet het. So het die stroom gevloei tot by die Een wat sy dissipels kon vra: “ Wie sê julle is Ek?” (Matt […]

#Ek is … 28 Feb. Read More »

#Ek is … 27 Feb.

“Net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; lê (Ek) my lewe af vir die skape.” (Joh 10:15) Dwarsdeur die Ou Testament loop die refrein: “Barmhartig en genadig is die HERE (JHWH), geduldig en oorvloedig in troue liefde” (Psalm 103:8, 2020-vert). Met hierdie getuienis sluit Dawid sy Psalm 23 ook af: “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly” (v6). Dit is wie die HERE (JHWH) vir hom is:

#Ek is … 27 Feb. Read More »

Ek is … 26 Feb.

“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” (Joh 7:37) Hoe kon die Israeliete telkens wou terugkeer na ‘n lewe van slawerny die oomblik wanneer dinge swaar gaan? God verruil vir afgode? In 1 Kor 10:1-11 skryf Paulus, God het die Israeliete versorg met “geestelike voedsel” (v3 – manna) en met “geestelike drank: Hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus” (v4). Genade-water

Ek is … 26 Feb. Read More »

Ek is … 25 Feb.

“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n land sonder water. ” (Ps 63:2) Die opskrif van Psalm 63 verduidelik alles: “’n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.” Hoe groot is ‘n mens se dors in waterskaarste? So dors soos “’n wildsbok smagtend na waterstrome” (Psalm 42:1). So dors soos die Israeliete (in Eksodus 17:1-7),

Ek is … 25 Feb. Read More »

#Ek is … 24 Feb.

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.” (Ef 2:8) Kom ons gesels vir ‘n slag oor genade. Vir Paulus is dit so belangrik dat hy oor-en-oor sê redding kom alleen van God af, omdat God “ryk in barmhartigheid (is) en ons innig lief (het)” (Ef 2:4 en 5a). Dis so belangrik dat Paulus drie maal herhaal: “Uit genade is julle gered”

#Ek is … 24 Feb. Read More »

Ek is … 21-23 Feb. (Naweek)

“Ek (die Verbondsgod) gee my wet in julle binneste en skrywe dit op julle hart.” (Jer 31:33) Hosea 9 beskryf ‘n klaaglied van God oor sy verbondsvolk. Van die begin af was daar vir God se uitverkore volk net een opdrag: leef heilig, sodat die buurvolke die Heilige God deur julle kan leer ken. Daarom, “Wees heilig, want Ek is heilig” (Lev 11:24, e.a.). Om so afgesonder (heilig) vir God te kan leef, het God

Ek is … 21-23 Feb. (Naweek) Read More »

#Ek is … 20 Feb.

“Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik” (1 Joh 4:12). Hoe het ‘n mens ‘n verhouding met iemand wat jy nie sien nie? Wonder jy soms daaroor? Petrus het ook hieroor gedink, want so verduidelik hy: “Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom

#Ek is … 20 Feb. Read More »

Ek is … 19 Feb.

“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” (2 Kor 5:16-17) * Ek kan nie aan ‘n wonderliker belofte in die Bybel dink as hierdie een (in 2 Kor 5:17, en ook in Gal 6:15) nie: God het nie moed opgegee met ons nie. God begin oor-en-oor weer. God was dus nie net aan die begin Skepper van alles nie; God is steeds en aanhoudend aan’t

Ek is … 19 Feb. Read More »

#Ek is … 18 Feb.

“Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.” (Gal 2:19-20 ) As jy ook Hamlet van Shakespeare in matriek moes lees, sal jy onthou hoe Koning Claudius se eerste minister, Polonius, vir sy seun wat op pad universiteit toe is, sê, “To thine own self be true.” M.a.w., moenie leef soos ander jou voorskryf nie. Wees jou eie mens. Moenie ander

#Ek is … 18 Feb. Read More »

#Ek is … 17 Feb.

“Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.” (Rom 6:4) Ek wonder of jy al ooit gesien het hoe ‘n Ortodokse priester ‘n baba doop? Eers word die baba, kop onderstebo, tot by die borsie onderdompel, dan omgetiep en kom die onderlyfie aan die beurt. Driemaal. Wanneer

#Ek is … 17 Feb. Read More »