Teen die einde van Jesus se lewe vat Jesus al sy woorde saam met hierdie kort opsomming: “’n Nuwe gebod gee Ek julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê” (Joh 13:34). Dalk kan ons Matt 7:24 op hierdie wyse vertaal: “Die mens wat Jesus se liefdesgebod inoefen, daardie mens se lewe is op ‘n onwankelbare rots gebou.
Liefde is die pilare wat ons lewens regop hou. Die fondasie is sterk: ons word liefgehê deur die God van Liefde. Liefde is die essensie van die Christelike lewe. G’n wonder Paulus skryf In 1 Korintiërs 13:13: “En nou bly daar drie dinge: geloof, hoop en liefde. Maar die grootste van hierdie is liefde.”
Oor vyf weke (D.V.) vier my ouers hul 65ste huweliksjaar. Die anderdag haal my pa sy trouring af; dit is bykans deurgeslyt aan die een kant. Die gravering op die seëlring is lank reeds dof. Hierdie ring is die sigbare bewys van ‘n lewe toegewy aan sy lewensmaat. So behoort ons teen die einde van ons lewe ook te wees: blinkgeslyp deur liefde. Soos die geloofsaktivis, Dorothy Day, op ‘n tyd gesê het, “Liefde is die maatstaf van ons geloof. Liefde is die maatstaf van ons geloofwaardigheid.”
Dit bly ‘n verstommende gedagte dat my geloofwaardigheid nie deur my geloofsbelydenisse bewys word nie, maar deur die kwaliteit van die liefde wat in my toeneem. En net hier moet ek erken, hoe baie moet ek nie nog geskaaf word voor my lewe ook skitter in liefde nie!
Ons identeit as gelowiges rus op die feit dat God ons liefhet. Nie omdat ons sulke oulike mense is nie, maar omdat God wíl. En dit is hierdie einste liefde van God wat ons motivering is om ook lief te hê. Dit bepaal ons geloofwaardigheid as Christene.
GEBED: Sonder U kan ek nie liefhê soos U wil hê ek moet liefhê nie.
MUSIEK:
Ons kyk na luister na die liedjie van “Lord, Listen to Your Children Praying ” deur Ken Medema.
Liriek:
Lord, listen to your children praying,
Lord, send your Spirit in this place;
Lord, listen to your children praying,
Send us love, send us pow’r, send us grace.
Something’s gonna happen like the world has never known,
when the people of the Lord get down to pray;
A door’s gonna swing open, and the walls come a-tumbling down,
when the people of the Lord get down to pray.
He’s gonna take over, He’s gonna take control,
when the people of the Lord get down to pray;
He’s gonna move the mountain, He’s gonna make the waters roll,
when the people of the Lord get down to pray.
You’re gonna know it when the Lord stretches out His hand,
when the people of the Lord get down to pray;
There’s gonna be a brand new song of vict’ry in this land,
when the people of the Lord get down to pray.