March 20, 2025
20 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025
Psalm 6 is een van die sewe sg. Boetedoeningspsalms. Dit is daardie psalms waar die digter gebroke op sy knieë voor God neerbuig en pleit: “Here, moet my in u toorn nie teregwys en my in u woede nie bestraf nie” (Ps 6:1, 2020-vert.). Het daar ooit iets in jou lewe gebeur waar jy skoon siek was oor die verkeerde ding wat jy gedoen het? Jy kan nie slaap nie, so kwel jou gewete jou.
March 20, 2025
19 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025
Lydenstyd word dikwels beskou as ‘n seisoen van sombere nadenke. Tog gaan die hele reis eintlik oor vernuwing – “Renovaré”. En dit is tog allesbehalwe somber! C.S. Lewis skryf in sy boek, The Problem of Pain: “Joy is the serious business of Heaven.” Soos ons geskep is om met God verenig te leef, so is ons geskep om ‘n lewe met sielsvreugde te leef. Dít is hemels. Het jy opgemerk dat Dawid twee maal bid,
March 18, 2025
18 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025
Soms kan gelowiges geloofsake so ingewikkeld maak. Dalk is dit bloot een van die verleidingstaktieke van die verleier (wat ook Jesus in die woestyn teëgekom het). Die grootste verleiding is sekerlik dat ons God nie ernstig op God se woord neem nie. Wanneer Dawid pleit, “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig” (Psalm 51:12), dan bid Dawid net dit wat God self beloof. “Ek sal julle ‘n
March 17, 2025
17 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025
Lank voordat die Griekse filosoof, Sokrates, geleef het, het Koning Dawid geworstel met ‘n ondersoekende lewe. Maar Dawid gaan een tree verder as Sokrates – hy kyk nie net na sy lewe nie; hy gaan staan by God en kyk vanuit God se perspektief na sy lewe. En dít is waarom hy ten einde laas sê, “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë” (Ps 51:6). Skuldbelydenis gaan
March 14, 2025
14-16 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025
Die drie “erre” (sien #3 Maart) is vir my ‘n goeie opsomming van Lydenstyd: “reflection”, “repentance”, “renewal.” Presies wat #Renovare ” ook impliseer”: vernuwing deur nadenke en belydenis. Sokrates, die Griekse filosoof (4de eeu vC), het eenmaal gesê: “’n Lewe wat nie ondersoek word nie, is nie die moeite werd om geleef te word nie.” Dis waar – hoe kan jy voluit leef as jy nie reflekteer oor waarmee jy jouself besig hou nie? Hoe