December 2025

DIE KUNS VAN WAG: 16

📖 – 1 Korintiërs 13:4-7 – “ Die liefde is lankmoedig, die liefde is vriendelik… ” 💡- Ware Liefde is die aktiewe teëgif teen ongeduld; dit is die Goddelike daad om te volhard terwyl ons ons laste dra. Liefde is veel meer as emosie – dit is ‘n heilige opstand teen die donkerte. Dink daaraan: dit is nie afgunstig nie, so ons wag sonder bitterheid. Dit is nie verwaand nie, so ons wag met nederigheid. […]

DIE KUNS VAN WAG: 16 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: ⚖️15

📖 — Psalm 16:11 – “By U is daar oorvloedige blydskap, uit U regterhand kom daar ewige genot.” 💡- Ware blydskap is nie ‘n gevoel nie, maar die vloeibare teenwoordigheid van God self, wat ons anker terwyl ons wag Ons soek dikwels na vreugde in beter omstandighede, maar ware blydskap is ’n rivier wat net uit God self vloei. Dit is die innerlike sekerheid wat jou dra terwyl die lewe jou rondstoot. Die blydskap wat

DIE KUNS VAN WAG: ⚖️15 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 14

📖 — Jesaja 12:3 – “Met vreugde sal julle water skep uit die fonteine van redding.” 💡- Vreugde bied nie net innerlike vertroosting nie; dit is ook ’n openbare getuienis wat die hoop en sekerheid van Christus aan ’n wagtende wêreld demonstreer. Lewensvreugde is aansteeklik. Dit is soos ‘n skeppie water wat ‘n dorstige ontvang. Een van Christene se kragtigste getuienis lê juis in die vreugde waarmee hulle leef. Diegene wat nog nie die Vrede

DIE KUNS VAN WAG: 14 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 13

📖 – Romeine 14:17 – “Die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.” 💡- Die Gees versterk ’n heilige trio in ons: geregtigheid wat regmaak, vrede wat stilmaak, en vreugde wat lig maak. Vreugde is soos sonlig wat deur dreigende donderwolke breek – onverwags, maar onweerstaanbaar. Vreugde is nie selfgemaak nie; sien dit eerder as die aantrekkingskrag van die Heilige Gees wat jou in

DIE KUNS VAN WAG: 13 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 12

📖 – Habakuk 3:17-18 – “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie…nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in God my Redder.” 💡- Ware vreugde is onafhanklik van aardse seëninge; dit is vasgevang in die identiteit van God as ons Redder. Die profeet Habakuk skilder ‘n katastrofiese prentjie van totale ekonomiese en landboukundige ineenstorting. Hoe sou ons ‘n klaaglied nie hiermee kon assosieer

DIE KUNS VAN WAG: 12 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 10

DIE KUNS VAN WAG: 10 >   – Kolossense 3:15 – “Laat die vrede van Christus, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers; en wees dankbaar.” >  – Vrede is nie ’n gas wat kom kuier en weer vertrek nie – dit is ’n Koning wat bly en regeer. Paulus gebruik ’n sterk beeld: die vrede van Christus moet “heers.” By die antieke spele was daar ’n skeidsregter wat die reëls afgedwing

DIE KUNS VAN WAG: 10 Read More »

DIE KUNS VAN WAG:  9

DIE KUNS VAN WAG:  9 >   – Romeine 12:18 – “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” > – Vrede begin by God, maar dit loop deur ons hande en harte na ander. Ons weet almal: nie elke konflik word opgelos nie. Vrede vra twee kante – maar Paulus herinner ons dat ons verantwoordelikheid is om alles in ons vermoë te doen. Dit is nie ’n opsie

DIE KUNS VAN WAG:  9 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 7

DIE KUNS VAN WAG: 7  – Romeine 5:1 – “Daarom, aangesien ons uit die geloof geregverdig is, het ons vrede met God deur onse Here Jesus Christus.” – Vrede met God ontspring nie in my hart nie, maar aan die kruis. Romeine 5:1 is die teologiese fondament van alle vrede. Verstaan jy dit, sal niks jou ooit weer van gemoedsvrede kan beroof nie! Die enigste blywende (!) vrede wat jou ooit tot rus kan bring, is

DIE KUNS VAN WAG: 7 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 6

Week 2 – Wag in vrede > – “Vrede laat Ek vir julle na … Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” – Johannes 14:27 > – Wêreldse vrede word onderhandel; God se vrede word gegee. Die wêreld se vrede is meestal ‘n weergawe van die destydse Pax Romana (“Vrede van Rome”): die

DIE KUNS VAN WAG: 6 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 5

> – Jesaja 40:31: “Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vlerke soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle loop en word nie mat nie.” > – “Heilige Wag” is die teenoorgestelde van uitputting; dit is ‘n belangrike komponent van om jou geestelike batterye te herlaai. Die eindresultaat van die kuns van wag, is nie ‘n vinniger antwoord nie, maar vernuwende krag om die pad

DIE KUNS VAN WAG: 5 Read More »