November 2024

Al Psalmend (22 Nov)

“Juig tot eer van die Here, o ganse aarde; wees vrolik, jubel en besing Hom … Juig voor die Koning, die Here” (Psalm 98:4-6). ***** Altyd het ek nog gedink die kerslied – “Joy to the world” – besing die vreugde wat die engel met die geboorte van Jesus vir die skaapwagters aangekondig het. Ons lees tog hoe die engel sê: “Ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap …” Die lied is […]

Al Psalmend (22 Nov) Read More »

Al Psalmend (21 Nov)

“Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels; trou sal uit die aarde uit opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom.” (Psalm 85:11-12) ———- Die mense oor wie Psalm 85:1-10 skryf, is bannelinge wat terugkeer na hul land waar slegs verwoesting hulle inwag. Mense wat vandag Psalm 85 bid, is mense wie se lewens ook ontwrig voel. Here, help! Wat die psalm so uniek maak, is dat dit vir ons

Al Psalmend (21 Nov) Read More »

Al Psalmend  (20 Nov)

“Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante, soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk” (Psalm 72:6). *****  Psalm 72 is ‘n sogenaamde Koningspsalm. Sulke psalms is gesing by die troonbestyging van ‘n koning. In sulke oomblikke het die volk gebuig, nie voor die koning nie, maar voor God. Mag God die koning seën. Die bedoeling daarvan was helder: as God die koning seën, dan sal die koning – as

Al Psalmend  (20 Nov) Read More »

Al Psalmend  3 (19 Nov)

“Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds ‘n loflied op my lippe. ” (Ps 66:17). ***** ‘n Vriendin van my se pa het altyd gesê: “Ek kan eers begin kla nadat ek al my seëninge opgenoem het.” Almal van ons het geweet dat sy lewe nie maanskyn en rose was nie: vroeg in hul huwelik is sy vrou oorlede, hy is agtergelaat met ‘n dogter (my vriendin) wat hy alleen grootgemaak het. 

Al Psalmend  3 (19 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (18 Nov)

“Hou tog my trane in u leersak ” (Ps 56:9b – Die 2020-vertaling). ***** Hierdie woorde van Psalm 56:9 vertel dat trane gestort nooit verniet is nie. Iemand slaan ag. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Soos die 1983-vertaling dit weergee: “U het op my trane gelet” (v9b). Die NLT vertaling (daar is dit vers 8b) lees: “You have collected all my tears in your bottle.” The Message-vertaling gee dit as: “You’ve kept track of

Al Psalmend 3 (18 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (15 Nov)

“Een mens kan tog nie ‘n ander loskoop van die dood en aan God ‘n losprys vir hom betaal nie?” (Ps 49:8). ***** Iemand noem Psalm 49 ‘n “Psalm vir resessietye.” ‘n Resessie maak almal van ons – ryk en arm – paniekerig. Kom ons wees eerlik, ryk en arm kan ewe materialisties wees, wel om verskillende redes: die een begeer om nóg ryker te raak, die ander een om óók ryk te word. Ons

Al Psalmend 3 (15 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (14 Nov)

“Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer” (Ps 37:1-4). ***** Net vier psalms begin met ‘n waarskuwing, maar Psalm 37 s’n is baie spesifiek. Dieselfde waarskuwing is ook

Al Psalmend 3 (14 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (13 Nov)

“In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak.” (Ps 31:6) ***** Ek drink by my vriendin tee; gesels diep geselse. Haar oë is vol trane: “Ek verlang daarna dat die Here kom. Die pyn raak te swaar.”  Dit klink soos Dawid se klaaglied van Psalm 31:11: “My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam

Al Psalmend 3 (13 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (12 Nov)

“Ja, U oorlaai hom vir altyd met seëninge. U maak hom baie bly met u teenwoordigheid.” (Ps 21:7) ***** Min volksliedere is vir my so mooi soos ons eie. Hoeveel ander ken jy wat ‘n gebed is? Ons verklaar nie ons grootsheid voor ander volkere nie; ons verklaar ons versugting voor God: “Nkosi Sikelel’.” Here, seën ons tog. Seën ons leiers. Seën ons mense. Seën ons kontinent. Sonder U kan ons nie! Die “Koningspsalms” (waarvan

Al Psalmend 3 (12 Nov) Read More »

Al Psalmend 3 (11 Nov)

“U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.” (Ps 18:29-30) ***** Ons spring verby ‘n klompie psalms (omdat hulle in 2 vorige Al Psalmend-reekse reeds bespreek is) en vandag kom die langste psalm van die eerste Psalmboek (Ps 3 – 41) aan die beurt. Dit

Al Psalmend 3 (11 Nov) Read More »