April 2026

GESKENKE VAN GENADE (9 April)

Genade verander “Genade is nie gekant teen inspanning nie; dit is gekant teen die illusie van verdienste.” – Dallas Willard > ” _As iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepping; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Kor 5:17.) Ons dink soms genade beteken God vergewe ons net en laat ons dan verder aangaan soos voorheen. Maar genade doen iets meer ontstellend: dit verander ons. Wanneer genade jou

GESKENKE VAN GENADE (9 April) Read More »

GESKENKE VAN GENADE 8 April

Genade bevry Slegs die genade van vergifnis kan die logika van seer en verbittering verbreek. — John O’Donohue > ” _Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie. _ ” (Rom 8:1) Soveel mense leef met ’n stil gewig van skuld. Soms kom dit uit dinge wat ons gedoen het; soms uit woorde wat ons nooit kan terugtrek nie. Die evangelie bring ’n radikale boodskap: in Christus is daar

GESKENKE VAN GENADE 8 April Read More »

GESKENKE VAN GENADE (6 April)

GESKENKE VAN GENADE (6 April) Genade maak nuutheid moontlik Genade leer ons dat God liefhet oor Wie God is, nie oor wie ons is nie. Kategorieë van waardigheid is eenvoudig nie van toepassing nie. ~ Philip Yancey > “Jesus sê vir haar: “Maria!” Sy het omgedraai en – in Hebreeus – vir Hom gesê: “Rabboeni!” Dit beteken ‘Leermeester’.” (Joh 20:16) Paassondag vertel die groot verhaal van die opstanding. Paastyd wys vir ons hoe persoonlik die

GESKENKE VAN GENADE (6 April) Read More »

GESKENKE VAN GENADE

(5 April – Opstandingsondag) Genade maak nuutheid moontlik Genade en dankbaarheid hoort bymekaar soos hemel en aarde. Dankbaarheid volg op genade soos ‘n donderslag op weerlig. (Karl Barth) > “Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in sy groot ontferming, deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood, opnuut verwek het, sodat ons ’n lewende hoop mag hê.” (1 Pet 1:3) Paassondag herinner ons dat

GESKENKE VAN GENADE Read More »

40 DAE VAN OORWINNING

40 DAE VAN OORWINNING #40 – 4 Apr STIL-SATERDAG > OORWINNING OP GOD SE TERME “Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het … gekyk hoe sy liggaam neergelê word. Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.” – Lukas 23:55-56 Die grafsteen is toegerol; ’n ganse week se spanning in Jerusalem het tot bedaring gekom. Mense kon

40 DAE VAN OORWINNING Read More »

#39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG

40 DAE VAN OORWINNING #39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG > VERSEKERDE OORWINNING! “Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars.” – Matteus 27:50-51 Op hierdie dag het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder geskeur. Vir die eerste keer is die grens tussen God en

#39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG Read More »

#38 – 2 Apr

40 DAE VAN OORWINNING #38 – 2 Apr > OORWINNING OOR DIE GRAF “Josef het die liggaam geneem en dit in skoon linne toegedraai en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het ‘n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.” – Matteus 27:59–60 Enige mens wat al ‘n geliefde hul laaste asem sien uitblaas het, weet die dood is finaal. Hier

#38 – 2 Apr Read More »

#37 – 1 Apr

40 DAE VAN OORWINNING #37 – 1 Apr > OORWINNING OOR DUISTERNIS “Dit was ongeveer die sesde uur, en duisternis het oor die hele aarde toegesak tot die negende uur.” – Lukas 23:44 Vir drie ure hang daar ’n onverklaarbare skadu oor die land. Die Lig van die wêreld hang aan ’n kruis, en selfs die skepping lyk asof dit asem ophou. Het die duisternis dan wel die laaste sê gehad? Het geweld, sonde en

#37 – 1 Apr Read More »