#Job

#Job 31: Daar kom ‘n tyd

Dit is nie net Job wat hierdie lewensreise moet onderneem, waar die pendulum swaai tussen wanhoop en hoop nie. Die realiteit is dat nie alle verlies uitloop op vernuwing nie. Nie alle ontnugtering en lyding het ‘n mooi einde nie. Onlangs het ek die grusame nuusinsetsel gekyk met die beeld van ‘n erg verbrande dogtertjie op ‘n hospitaalbed in Gaza na nog ‘n bomaanval. Haar klanklose gille was gille ten hemele namens ‘n swygende wêreld. […]

#Job 31: Daar kom ‘n tyd Read More »

#Job 30: God is in beheer

Die grootste les uit hierdie verhaal is dat God in beheer is; nie die bose of enige ander magte nie. Van die begin af is God die primêre karakter! Job leer die krag van God ken deur ‘n visuele reis terug tot by die oorsprong van alles. Die verstommende (ook vir my!) is die buitengewone kreatiwiteit en vreugde wat God put uit dit wat uit die vingerpunte van God lewe gekry het. Van die verste

#Job 30: God is in beheer Read More »

#Job 29: Job, die bidder

Dit is nie net by Job wat ek lewenslesse vir myself ontdek nie; dit is ook by sy vriende. Deur hulle gesprekke ontdek ek hoe die regte woorde op die verkeerde tyd eintlik slegte woorde is. Dink net aan al die wyshede wat Job se vriende kwytgeraak het; en tog word hulle teen die einde van die verhaal deur God skerp aangespreek: “Ek is kwaad vir (julle), want julle het nie die waarheid oor My

#Job 29: Job, die bidder Read More »

#Job 28: God is die nuwe normaal

Onthou jy hoe lank het ons, nadat die COVID-inperkinge reeds opgehef was, steeds gepraat van die sg. “nuwe normaal”. Die behoefte was groot: mag ons tog nie die lesse vinnig vergeet wat ons geleer het nie. Vir hulle wat die meeste verloor het – nie net besittings nie, maar veral die lewens van hul geliefdes – sal niks na die “ou normaal” kan terugkeer nie. Daarvoor was die prys te groot. Die laaste paar verse

#Job 28: God is die nuwe normaal Read More »

#Job 27: Bedaar en erken

Die drama het op ‘n ashoop begin (Job 2:8), en die drama eindig ook by ‘n ashoop (42:6). Soos iemand eenmaal geskryf het: ons het ‘n geboortedatum en ons ‘n sterwensdatum, maar ons ganse lewe speel af in die strepie tussen hierdie twee datums. Vir Job is die datums omgeruil. In hoofstuk 2 het Job gedink dat sy lewe geëindig het. “Waarom was ek nie maar ‘n misgeboorte wat sonder meer begrawe is nie, ‘n

#Job 27: Bedaar en erken Read More »

#Job 26: Nederige stilte

Hoe desperaat (of is dit dalk dwaas) moes Job nie gewees het nie om met soveel bravade teenoor sy vriende te verklaar: “My saak het ek gestel: nou moet die Almagtige my antwoord” (Job 31:35). Wanneer hy sê, “Ek kan rekenskap gee van elke tree wat ek gegee het, ek kan my teëstander met vrymoedigheid tegemoet gaan” (31:37), wonder ek of Job dalk hier aan God as sy teëstander gedink het?  Dit moet wees, want

#Job 26: Nederige stilte Read More »

#Job 24-25:  Met die vergrootglas op God se handewerk

Wanneer ek Job 39 lees, kan ek nie anders as om dadelik aan die Franse komponis, Saint-Saëns, se “Karnaval van die diere” te dink nie. Meesterlik word elkeen van die diere – die koninklike mars van leeumannetjies; vlugvoetige bokke; ‘n stadige skilpad; die grasieuse swaan; selfs visse en fossiele – met musikale klanke uitgebeeld. Dit is soos om vroegoggend by ‘n watergat in die Krugerpark te sit: is daar enige plek op aarde waar daar

#Job 24-25:  Met die vergrootglas op God se handewerk Read More »

#Job 23: Máár…

Elkeen van ons het ‘n spesifieke lens waardeur ons na die wêreld om ons kyk. Nie die wydste wyehoeklens kan vir ons die volle prentjie van die werklikheid gee nie. Hoeveel keer maak ons nie selfs uitsprake oor God nie; so asof ons die volle prentjie ken? Dit is waarom die woordjie “maar” so belangrik is in die Bybel. Dink net aan Paulus wat in Ef 2:3-4 verduidelik dat, “Vanweë ons sondige natuur sou ons

#Job 23: Máár… Read More »

#Job 22: Ek sal vra, antwoord jy My

Job se treurmares klink soms só bekend. Alles is futiel. Alles stuur op ‘n ramp af. Hoor net ons benoude uitroepe: oorbevolking … klimaatsverandering … groeiende armoede … siektes wat in laboratoriums geskep word … kunsmatige intelligensie wat die mensdom begin vervang. Hoef ek aan te hou? Dit is net die mens wat met hul kop in die sand leef, wat hierdie dinge ontken! God het ons aan onsself oorgelaat. Dit is nou, as daar

#Job 22: Ek sal vra, antwoord jy My Read More »