October 2026

#9 Dankbaarheid word vrygewigheid

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (13 Okt)#9 Dankbaarheid word vrygewigheid 📖 “Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.” (2 Korintiërs 9:11) ✍️ – Ons gebruik die woord “my” so maklik: my tyd, my geld, my huis, my kennis, my ervaring, my gawes. En natuurlik is daar iets waar aan daardie “my” – maar die Bybel plaas ’n ander woord langsaan: gawe. Paulus herinner ons dat ons eintlik ‘n […]

#9 Dankbaarheid word vrygewigheid Read More »

#8 Dankbaarheid word liefde

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (12 Okt)#8 Dankbaarheid word liefde 📖 “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” (1 Johannes 4:19) ✍️ – Dankbaarheid wat net in my hart bly, is nog nie klaar nie. Iets gebeur wanneer ek begin besef hoeveel ek ontvang: my hande begin oopgaan. Ons dink maklik dat dankbaarheid ’n antwoord is op wat God vir ons doen. Ek ontvang; daarom sê ek dankie. Maar die Nuwe Testament laat ons ’n

#8 Dankbaarheid word liefde Read More »

#7 Dankbaarheid moet uitgespreek word

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (9 Okt)#7 Dankbaarheid moet uitgespreek word 📖 “En een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond geword het, omgedraai en God met ’n harde stem begin prys.” (Lukas 17:15–16) ✍️ – Ons dink dikwels dankbaarheid is iets tussen my en God: ek ontvang iets, ek sê “dankie”, en die saak is afgehandel. Maar Bybelse dankbaarheid wil nie stilbly nie. Soos Paulus aan die gemeente in Kolossense ook skryf: “Laat die

#7 Dankbaarheid moet uitgespreek word Read More »

#5 God in die gewone

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (7 Okt)#5 God in die gewone 📖 “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.” (Jakobus 1:17) ✍️ – Daar is dae wanneer niks besonders gebeur nie. Geen groot nuus nie. Geen wonderlike verrassing nie. Net die gewone ritme van opstaan, koffie maak, werk, mense ontmoet, eet, rus. Ons dink maklik dat God veral in die buitengewone teenwoordig is. Maar die Bybel leer ons om anders te kyk. Ons leer:

#5 God in die gewone Read More »

#4 Wanneer genoeg genoeg is

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (6 Okt)#4 Wanneer genoeg genoeg is 📖 “Die Here is my herder; ek kom niks kort nie.” (Psalm 23:1) ✍️ – Ons het ’n vreemde gewoonte: sodra ons iets ontvang, begin ons maklik dink aan wat nog ontbreek. Ons kry die een ding waarvoor ons gewag het, en kort daarna vra ons: “Wat nou volgende?” Dankbaarheid doen iets anders. Dit laat my stilhou by wat reeds in my hand is. Paulus skryf:

#4 Wanneer genoeg genoeg is Read More »

#3: Dankbaarheid as dissipline

(STEEDS) DANKBAAR (5 Okt)#3: Dankbaarheid as dissipline 📖 “Maak my oë oop dat ek die wonder van u wet kan sien.” (Psalm 119:18) ✍️ – Ons sien baie meer as wat ons raaksien. ’n Mens kan deur ’n hele dag beweeg sonder om regtig te kyk: dieselfde huis, dieselfde mense, dieselfde uitsig, dieselfde klein goedjies. En tog is niks heeltemal dieselfde wanneer jou aandag verander nie. Die psalmdigter bid: “Maak my oë oop dat ek

#3: Dankbaarheid as dissipline Read More »

#6 Mense wat in my lewe “geskryf” het

DANKBAAR (STEEDS DESONDANKS) (8 Okt)#6 Mense wat in my lewe “geskryf” het 📖 “Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.” (Filippense 1:3) ✍️ – Sommige mense stap deur ons lewe sonder om ooit te weet hoeveel hulle vir ons beteken. ’n Woord op die regte tyd. ’n Hand wat help. ’n Mens wat bly wanneer ander weggaan.Ons raak so gewoond aan mense se teenwoordigheid dat ons hulle maklik as vanselfsprekend aanvaar.

#6 Mense wat in my lewe “geskryf” het Read More »

#2: Dankbaarheid as dissipline

(STEEDS) DANKBAAR – 2 Okt#2: Dankbaarheid as dissipline 📖 “Wees altyd bly. Bid voortdurend. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” (1 Tessalonisense 5:16–18) ✍️ – Dankbaarheid is nie net ’n oefening van die wil nie; dit is ’n vormingsproses van die geloof. Paulus se oproep tot dankbaarheid is ingebed in ’n groter visie: ’n lewe wat deur Christus gevorm word. In Kolossense 3 beskryf hy

#2: Dankbaarheid as dissipline Read More »

#1: Dankbaarheid as keuse

(STEEDS) DANKBAAR – 1 Okt#1: Dankbaarheid as keuse ✍️ – Dankbaarheid begin nie altyd by iets waarvoor ek dankie kan sê nie. Soms begin dit by ’n keuse: Waarheen rig ek my oë? Paulus skryf Filippense 4:6–7 vanuit gevangenskap: “Maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. “ Let op: Paulus sê nie dat alles goed is nie. Hy sê ook nie ons moet dankbaar wees vir alles wat

#1: Dankbaarheid as keuse Read More »