December 2024

KERSGETY – DAG 1

KERSGETY – DAG 1KERSDAG, 25 DES Vir die Kersgety gaan ek tot 31 Desember vir jou daagliks net ‘n gebed en ‘n musiekvideo stuur. Dit gee my en my span ook kans om net ‘n kort asempie te skep.Mag dit vir jou en jou gesin ‘n geseënde Kersfees wees. U koms as ‘n mens – een soos ons – is nie ‘n geboorte wat ons jaarliks vier met ‘n kersie op ‘n koek nie.Dit is […]

KERSGETY – DAG 1 Read More »

ADVENT ‘24, Dinsdag, 24 Des.

WEEK 4 – LIEFDE Ons sê altyd, gebede het nie grense nie. Daarom kan ons bid vir mense wat op plekke woon waar ons nooit sal kom nie. Ons kan bid vir mense in lewensomstandighede wat ons self nooit sal beleef nie. Ons hoef nie eers mense se name te ken nie. In ons geestesoog kan ons bloot ons hande oor mekaar vou en saam bid: “dat ons liefde al hoe meer sal toeneem in

ADVENT ‘24, Dinsdag, 24 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Maandag, 23 Des.

WEEK 4 – LIEFDE In die Gereformeerde tradisie (vanwaar my eie wortels groei) was die belangrikste feestyd sekerlik Paasfees. (Alhoewel, as kind sou ek beslis Kersfees gekies het.) Van Aswoensdag wat die begin van die 40-dae Lydenstyd (“Lent”) ingelei het, het ek nie geweet nie. Om in Lydenstyd te vas was so vreemd soos om Adventskerse in ‘n kerk aan te steek. (Te ‘Rooms’, het mense gekla.) Min het ek geweet dat Advent vir Kersfees

ADVENT ‘24, Maandag, 23 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Sondag, 22 Des.

WEEK 4 “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Rom 15:13). God Drie-Enig: Skepper vanuit liefde, Verlosser deur liefde, en Gewer van liefde – Uit U liefde, deur U liefde en tot U liefde bestaan ons. Ons besit geen groter geskenk as U barmhartigheid, genade en liefde nie. Beskerm my daarvan

ADVENT ‘24, Sondag, 22 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Vry/Sat, 20-21 Des.

WEEK 3 – VREUGDE As jy al ooit gewonder het hoe dit sal wees om eendag in die teenwoordigheid van God te leef (wat ons “hemel” noem), weet jy minstens (uit Op 21:4) dat daar geen hartseer of droefheid of trane sal wees nie. Iemand het eenmaal gesê, die atmosfeer van God is vreugde. Daarom kon Nehemia die mismoedige volk aanmoedig om hul toevlug te neem tot die “vreugde van die Here” (aldus Neh 8:11,

ADVENT ‘24, Vry/Sat, 20-21 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Donderdag, 19 Des.

ADVENT ‘24, Donderdag, 19 Des. WEEK 3 – VREUGDE In “Mere Christianity” skryf C.S. Lewis: “As ek in myself ‘n begeerte vind wat geen ervaring in hierdie wêreld kan bevredig nie, is die mees waarskynlike verklaring dat ek vir ‘n ander wêreld gemaak is.” Ons leef in ‘n kultuur waar ons dink dat al ons begeertes met “iets” bevredig kan word. Ons koppel ons vreugdes aan dit wat ons het; en wanneer ons “dit” nie

ADVENT ‘24, Donderdag, 19 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Woensdag, 18 Des.

WEEK 3 – VREUGDE Blykbaar neem dit ons brein slegs drie sekondes om ‘n negatiewe gedagte/gebeurtenis vas te lê. Daarenteen neem dit veertien sekondes om ‘n positiewe ervaring in jou geheuebank te stoor. Wow. Hoe uit balans moet my arme geheuebank nie wees nie! Op ‘n manier wil dit tog lyk asof ons breine gerat is om die negatiewe (of noem dit “gevaar”) eerste raak te sien. Ter wille van ons eie oorlewing moet ons

ADVENT ‘24, Woensdag, 18 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Dinsdag, 17 Des.

WEEK 3 – VREUGDE Paulus beskryf die wederkoms van Jesus as ‘n onverwagte gebeure. Jy gaan nie weet wanneer dit gebeur nie; maar jy kan voorbereid wees daarop. Klee julleself met “geloof, hoop en liefde” (aldus 1 Tess 5:8) en gaan dan aan met julle gewone lewe: beywer julle vir die belange van ander mense (aldus 5:15). In hierdie tussen-tyd (die eerste koms van Jesus en die tweede koms), terwyl ons met ons gewone lewe

ADVENT ‘24, Dinsdag, 17 Des. Read More »

ADVENT ‘24, Maandag, 16 Des.

WEEK 3 – VREUGDE Teilhard de Chardin was ‘n fassinerende man: een van die bekendste Jesuïtiese priesters van die 20ste eeu; veral bekend as geoloog en paleontoloog. Sy lewe was nie maklik nie: as jong priester is hy tydens die Eerste Wêreldoorlog opgeroep tot diens in die Franse leër. Sy taak was om die gewondes per draagbaar uit die slagveld te bring. Die vernietigende effek van lyding en geweld was vir die priester bykans te

ADVENT ‘24, Maandag, 16 Des. Read More »