Uncategorized

Die onsigbare werk van God

Lig in die Winter 8 – Die onsigbare werk van God (10 Jul) “Sien is glo.” Ons wil vordering, vooruitgang, sien. Ons wil meet. Ons wil weet iets gebeur. Maar baie van God se belangrikste werk gebeur buite ons sigveld. Lees gerus Prediker 11:3 en ook Joh 3:8. ‘n Saad groei in die donker. Wortels ontwikkel onder die grond. Niemand sien dit nie. Tog gebeur die belangrikste deel van die groei juis daar. Dieselfde gebeur […]

Die onsigbare werk van God Read More »

Wat wagtye aan ons openbaar

Lig in die Winter 6 – Wat wagtye aan ons openbaar (8 Jul) Jesaja 40:31 Wanneer ons jonk is, dink ons wagtye gaan oor die ding waarvoor ons wag. Later ontdek ons dat wagtye iets anders doen. Dit openbaar waarop ons werklik vertrou. Solank die lewe verloop soos ons beplan, is dit maklik om te glo. Maar wagtye stroop ons van beheer. Ons kan nie die uitslag afdwing nie. Ons kan nie die tydsberekening versnel

Wat wagtye aan ons openbaar Read More »

3 –Vashou; ten spyte van

Lig in die Winter. 3 –Vashou; ten spyte van (3 Jul) Daar is gebede wat maklik kom. Dan is daar gebede wat soos swaar emmers uit ‘n diep put opgetrek moet word. Deurwinterde gelowiges weet dat nie elke gebed met dieselfde ligtheid gebid word nie. Daar is tye wanneer die woorde opraak. Wanneer die bekende frases hol klink. Psalm 88 is besonder omdat dit nie die donker wegredeneer nie. Die digter probeer nie sy pyn

3 –Vashou; ten spyte van Read More »

2 –Wag en onthou

Lig in die Winter. 2 –Wag en onthou (2 Jul) Daar is ‘n verskil tussen wagtyd en mors van tyd. Tog voel wagtye dikwels soos verlore tyd. Ons wag vir antwoorde. Ons wag vir genesing. Ons wag vir versoening. Ons wag vir die dag wanneer iets wat lank stukkend is, uiteindelik herstel sal word. Wanneer ons jonk is, dink ons wagtye is onderbrekings van die lewe. Later ontdek ons dat wagtye dikwels die lewe ís.

2 –Wag en onthou Read More »

Die Asem van God word Gees-asem in jou

GEESKRAGTIG 22 – Die Asem van God word Gees-asem in jou (30 Junie) ⁠ 🏋️ `Geeskrag: Die Gees gebruik jou om God’s asem in God se her-Skepping te wees. ⁠ Asem is die eerste teken van lewe. Sonder asem is alles “woes en leeg.” Maar asem bring beweging en energie. Die Gees is God se asem wat jou vul – en Hy laat jou nie toe om dit net vir jouself te hou nie. Hy stuur jou

Die Asem van God word Gees-asem in jou Read More »

Die Gees gee jou krag teen versoeking

GEESKRAGTIG 20 – Die Gees gee jou krag teen versoeking (26 Junie) 🏋️ ⁠ Geeskrag: Die Gees breek die skynbeeld van versoekinge en plant jou in waarheid. ⁠ Versoeking is nie net ’n begeerte nie – dit is ’n storie wat jou probeer oortuig: “Hier lê jou geluk, hier kry jy sekuriteit, hier vind jy rus.” Maar die storie steun op ’n leuen. Met jou eie wilskrag kan jy die storie nie herskryf nie, want die boodskap

Die Gees gee jou krag teen versoeking Read More »

Die Gees bou saam-saam

GEESKRAGTIG 19 – Die Gees bou saam-saam (25 Junie) ⁠ 🏋️ Geeskrag: Die Gees is die argitek van ’n lewende huis waarin saam-saam gewoon word. ⁠ Geloof is nie ’n soloprojek nie – dit is ’n bouwerk. Soos Petrus skryf: “Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis.” (1 Pet 2:5) Elke steen, elke pilaar, elke venster het ’n plek en ’n funksie. Só gebruik die Gees jou lewe as deel van ’n groter struktuur.

Die Gees bou saam-saam Read More »

Die Gees maak jou geloof nuut

GEESKRAGTIG 17 – Die Gees maak jou geloof nuut (23 Junie) ⁠ 🏋️ `Geeskrag: Die Gees is die nuwe seisoen wat daagliks die oue vervang. ⁠ Baie gelowiges wéét dat die Gees vernuwing bring – hulle het dit al gehoor, gelees, selfs aan ander gesê. Maar daar is ’n groot verskil tussen wéét en dit self belééf. Kom ons wees eerlik: geloof kan soms voel soos ’n landskap vasgevang in winter – kaal, koud, voorspelbaar. Die Gees

Die Gees maak jou geloof nuut Read More »

Die Gees leer jou om tussen vals en waar te onderskei

GEESKRAGTIG 15 – Die Gees leer jou om tussen vals en waar te onderskei (19 Junie) 🏋️ ⁠ Geeskrag: Die Gees is die lig wat jou help om waarheid van misleiding te onderskei. ⁠ “Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die waarheid lei” (Johannes 16:13). Ons leef in ’n tyd waar soveel stemme mekaar weerspreek en dit moeilik is om vals beloftes te onderskei van wat waar is. Sonder die

Die Gees leer jou om tussen vals en waar te onderskei Read More »

Die Gees gee jou krag om te bid

GEESKRAGTIG 13 – Die Gees gee jou krag om te bid (17 Junie) 🏋️ ⁠ Geeskrag: Die Gees is die band wat jou gesprek met God nooit laat stil word nie. ⁠ “Die Gees kom ons swakheid te hulp. Ons weet nie wat ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê kan word nie” (Romeine 8:26). Goeie kommunikasie is die hartklop van elke verhouding – sonder

Die Gees gee jou krag om te bid Read More »