#Job 27: Bedaar en erken

Die drama het op ‘n ashoop begin (Job 2:8), en die drama eindig ook by ‘n ashoop (42:6). Soos iemand eenmaal geskryf het: ons het ‘n geboortedatum en ons ‘n sterwensdatum, maar ons ganse lewe speel af in die strepie tussen hierdie twee datums. Vir Job is die datums omgeruil. In hoofstuk 2 het Job gedink dat sy lewe geëindig het. “Waarom was ek nie maar ‘n misgeboorte wat sonder meer begrawe is nie, ‘n doodgebore kind wat nooit die daglig gesien het nie?” wou hy in 3:8 weet. Sy lewensverhaal het soos ‘n klaagpsalm geklink, met die refrein, “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?” (Ps 42:2). Waarom? Waarom?

Maar hier teen die einde klink Job se verhaal anders. So verklaar hy: “Op hoorsê het ek van U verneem, maar nou het my oog U gesien.  Daarom herroep ek dit, en het ek berou – in stof en as” (42:5-6).  Amper asof hy sê, “Had ek U tog maar net vroeër geken soos ek U nou ken!” Die psalm wat hierdie “nuwe” Job se lewe sekerlik die beste beskryf, klink soos Psalm 131:1-2: “Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. … (Ek het) tevredenheid gevind.”

Job het nie antwoorde van God op sy lydingsvrae gekry nie; Job het veel méér gekry.  Antwoorde maak gewoonlik net nuwe vrae wakker. Daar is net een wyse waarop die “vrede wat alle verstand te bowe gaan” oor jou kom, en dit is die ontmoeting met die  Een wat  durf sê, “Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde” (Ps 46:11). 

Wanneer jy hierdie God leer ken, maak niks anders meer saak nie.

GEBED: U is ons toevlug en ons beskerming. Van Job se tyd tot nou!

MUSIEK:

Ons kyk na ’n lewendige video-opname van die Psalm-groep Shane & Shane se uitvoering  van Psalm 46.

Uit die liriek:

Oh, come behold the works of God, the nations at His feet

He breaks the bow and bends the spear

And tells the wars to cease

Oh, mighty One of Israel, You are on our side

We walk by faith in God who burns the chariots with fire

Lord of Hosts, You’re with us

With us in the fire

With us as a shelter

With us in the storm

You will lead us

Through the fiercest battle

Oh, where else would we go

But with the Lord of Hosts

Oh, God of Jacob, fierce and great

You lift Your voice to speak

The earth, it bows

And all the mountains move into the sea

Oh Lord, You know the hearts of men

And still you let them live

Oh God, who makes the mountains melt

Come wrestle us and win

Oh God, who makes the mountains melt

Come wrestle us and win

Though oceans roar, You are the Lord of all

The One who calms the wind and waves and makes my heart be still

Though the earth gives way, the mountains move into the sea

The nations rage, I know my God is in control