#Job 29: Job, die bidder

Dit is nie net by Job wat ek lewenslesse vir myself ontdek nie; dit is ook by sy vriende. Deur hulle gesprekke ontdek ek hoe die regte woorde op die verkeerde tyd eintlik slegte woorde is. Dink net aan al die wyshede wat Job se vriende kwytgeraak het; en tog word hulle teen die einde van die verhaal deur God skerp aangespreek: “Ek is kwaad vir (julle), want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie” (Job 42:7). Maar, soos God genadig is teenoor Job, so bied God sy genade ook aan hulle. En hoe ontvang hulle dit? Drie maal word daar direk verwys na Job wat vir sy vriende by God intree met gebed, en God hoor. (v8-10).

Ek het al baie geskryf oor die lewensmotto’s waarmee ons as kinders grootgemaak is – een daarvan was, “’n paadjie wat nie geloop word nie, groei toe.” Die gewaarborgde manier hoe ‘n paadjie nie toegroei nie, is om vir jou vriende te bid! Dit hou nie net die paadjie tussen jou en jou vriende oop nie; dit hou veral die pad tussen jou vriende en God oop. Dit hou ook die vriendskapspad tussen God en jouself oop. En is dit nie presies wat Jakobus ons ook in sy brief leer nie: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” (aldus Jak 5:16-20). 

Charles Spurgeon het gesê: “Gebed is nie ‘n intellektuele oefening of ‘n verbale vertoning nie. Dit is veel dieper as dit. Dit is interaksie met die Skepper van Hemel en Aarde.” Dit is juis waaroor die hele verhaal van Job gaan – om hom in kontak te bring met die krag van die Skepper. Krag wat selfs sy vriende se lewens kon verander.

GEBED: Daarom kom bid ek nou vir my vriende, Here…

MUSIEK:

Ons kyk na  ’n musiekvideo van “Prince Of Peace” deur Josh Baldwin.

Uit die liriek:

I’ve been walking by troubled waters

Here in the shadow all alone

And I’ve been worried about tomorrow

Stuck in a world I can’t control

And I met You as a Savior

I’ve found in You a friend

And I’ve seen You as a healer

My help and my defense

God You’ve been my provider

But right now what I need

Is You to be my Prince of Peace

Come and be my Prince of Peace

And I’ve been wrestling with my demons

Fighting a war inside my mind

And I’ve been swallowed by all my problems

I just wanna leave them all behind

‘Cause I met You as a Savior

I’ve found in You a friend

And I’ve seen You as a healer

My help and my defense

God You’ve been my provider

But right now what I need

Is You to be my Prince of Peace

Come and be my Prince of Peace

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Come on sing it out

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Peace like a river flow

Peace like a river flow (Oh let it flow, let it flow)

Peace like a river flow

Oh peace like a river flow

Yeah peace like a river flow

‘Cause I met You as a Savior

I’ve found in You a friend

And I’ve seen You as a healer

My help and my defense

God You’ve been my provider

But right now what I need

Is You to be my Prince of Peace

Come and be my Prince of Peace