ADVENT ‘24, SONDAG, 15 Des.

WEEK 3 – VREUGDE


“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Rom 15:13).


1.Steek die eerste twee kerse aan – die Kers van Hoop en die Kers van Vrede (terwyl jy die gebede van 1 en 8 Des bid)
2.Hier is ‘n moontlike gebed wat jy kan bid terwyl jy die derde kers – die Kers van Vreugde.

Saam met Dawid erken ons: “By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.*”
Wie anders as U, Grote God, sou aan bedroefdes die belofte kon maak dat U sal gee:
“eer in plaas van smart;
vreugde in plaas van droefheid;
blydskap in plaas van hartseer.”
U is die vervulling van U eie belofte deur U-self aan ons te gee.
Waar skadu’s van droefheid en droefgeestigheid steeds heers, mag die Adventsvlam van lewensblyheid en blymoedigheid deur my skyn.

  • Ps 16:1
    ** Jes 61:3

MUSIEK:
Ons kyk na die musiek video van “Kerssangdiens 2013 – Halleluja” deur SA Gemeente Londen.
https://youtu.be/GrHs-OxvgfA?si=H1-2TlKrczJ6mspp