WEEK 3 – VREUGDE
Paulus beskryf die wederkoms van Jesus as ‘n onverwagte gebeure. Jy gaan nie weet wanneer dit gebeur nie; maar jy kan voorbereid wees daarop. Klee julleself met “geloof, hoop en liefde” (aldus 1 Tess 5:8) en gaan dan aan met julle gewone lewe: beywer julle vir die belange van ander mense (aldus 5:15). In hierdie tussen-tyd (die eerste koms van Jesus en die tweede koms), terwyl ons met ons gewone lewe aangaan, moet ons dit met ‘n sekere ingesteldheid doen. Dit moet soos ons “handelsmerk” wees – mense moet ons daaraan kan uitken: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (Ps 16:18).
Dankbaarheid is nie (net) ’n reaksie op gunstige lewensomstandighede nie, of op ‘n geskenk wat jy gekry het nie. Dit is veel meer. Dit is ‘n houding van die hart. Dit is ‘n ingesteldheid. Dit is die bril waarmee jy na die lewe kyk. Die oomblik wanneer jy jou omgord met “geloof, hoop en liefde”, begin die melodie van dankbaarheid in jou kop draai.
Waarom is ons (ek) dan soms nie dankbaar nie? Want, ja, daar is sulke tye! Ek weet nou al wat die antwoord is: wanneer ek die fokus van my eie lewe wil wees. Wanneer my begeertes voorrang moet geniet. Dankbaarheid (wat ‘n geloofsgewoonte is wat ‘n mens leer inoefen) verander ons perspektief van ’n lewe wat gedomineer word deur “wat ek wil” na ’n lewe wat gesentreer is rondom “wat God besig is om te doen”.
Of jy nou met uitgestrekte arms op die bergtoppe van die lewe staan, en of jy daar onder in die dal van swaarkry stap, onthou wat jou handelsmerk is. Nie omdat alles perfek is nie, maar omdat God getrou is.
Gebed: Dankie dat U vir my goed is; daarom is ek dankbaar.
MUSIEK:
Ons kyk na die musiek video van “Amazing Grace” deur The Tabernacle Choir.
https://youtu.be/C2arm5ydeJc?si=mUnKPmQNYQuPEB_N
Uit die liriek:
Amazing grace! How sweet the sound,
That saved a wretch like me!
I once was lost, but now am found,
Was blind, but now I see.
The Lord has promised good to me,
His word my hope secures;
He will my shield and portion be,
As long as life endures.
Yea, when this flesh and heart shall fail,
And mortal life shall cease,
I shall possess, within the veil,
A life of joy and peace.