#Vreeslose Vernuwing

#18 VREESLOOS VERNUWEND

Vreesloos? ‘n Vreeslose vernuwing? Vandag? Eenvoudig – dit begin by God. En as dit by God begin, begin dit by liefde. So leer Johannes ons: “Hierin bestaan die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het…” (1 Joh 4:10a).  En tipies mens, vra ons: Bewys dit! Wel, die bewys dat God ons liefhet, kry ons nie in die vorm van ‘n diamant nie, wel in ‘n houtkruis (aldus Joh […]

#18 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#17 VREESLOOS VERNUWEND

Daar is waarskynlik niks so sieldodend soos om ‘n betekenislose lewe te leef nie. Betekenisloosheid trek jou in die lokval in om jou aandag en jou tyd aan nuttelose verdrywe te spandeer, en dan, by nagedagte, nog meer betekenisloos te voel. Die hartseer-realiteit is dat baie Christene hulle lewe as betekenisloos ervaar. Kinders verlaat die nes, en skielik is daar ‘n betekenisloosheid; ‘n eggenoot val weg, en skielik verloor die lewe sin. Natúúrlik mag jy

#17 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#16 VREESLOOS VERNUWEND

Oscar Romero, die aartsbiskop van El Salvador, het op 24 Maart 1980 in ‘n sluipmoordaanval gesterf terwyl hy besig was om nagmaal aan sy gemeentelede te bedien. Ek lees nou ‘n boek van hom. Op die eerste bladsy staan daar geskryf: “The violence we preach is not the violence of the sword, the violence of hatred. It is the violence of love, of brotherhood, the violence that wills to beat weapons into sickles for work.”

#16 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

14-15 VREESLOOS VERNUWEND

Net om nog by gister (#13) aan te sluit en weer oor vryheid te gesels, luister net wat skryf Paulus in Gal 5:13: “Julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.”  Dit is ‘n belangrike geloofsbeginsel wat ons moet begryp:  ons is nie vry van … nie; ons is vry om … Ons is vry om anders te kan

14-15 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#13 VREESLOOS VERNUWEND

Êrens het ek gelees dat iemand skryf, “Christenskap lê nie beslag op jou lewe nie. Christenskap bring bevryding.” Ek wonder baie hieroor. Sonder twyfel weet ek dat ons geloof bevryding bring. Dit is wat die Bybel ons leer: “Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie” (Gal 5:1). Of, soos die 2020-vertaling sê: “Vryheid is waarvoor Christus

#13 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#12 VREESLOOS VERNUWEND

Ek loop ‘n goeie vriend van my op ‘n parkeerarea raak. Wat van ‘n vinnige koffietjie, vra ek.  Ongelukkig kan hy nie – “vandag hardloop ek weer soos mal ding rond.” Die gemeente waar hy werk, is groot; sy dagboek is vol. “Almal eis hulle pond vleis”, kla hy.  Hoe sal ek dan nie daarvoor begrip hê nie; ek was self al daar. Altyd besig. Dit was in daardie tyd dat my eie geloofsbegeleier my

#12 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#11 VREESLOOS VERNUWEND

Onlangs het ek ‘n gesprek met ‘n groep retreatgangers gefasiliteer waarin ek die vraag gevra het: noem een preek wat ‘n lewensveranderende invloed in jou lewe gehad het. Sommige kon sommer dadelik begin gesels; ander moes lank nadink.  Die antwoord wat my die meeste geraak het, was van ‘n ouer man wat gesê het, sy keuse is nie soseer ‘n enkele preek nie, wel ‘n sinnetjie wat hy die dominee by meer as een geleentheid

#11 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#10 VREESLOOS VERNUWEND

Bekering is iets anders as berou. Of wag, laat ek dit so stel – bekering sluit sekerlik berou in; maar bekering is veel meer as berou. Bekering beteken bloot om van rigting te verander. So lees ons telkens hoe Jesus vir mense uitgenooi het met “Volg My!” Anders gestel, loop dieselfde pad as wat Jesus geloop het. Eintlik, as ons meer presies wil wees, beteken bekering om ‘n nuwe manier van dink te ontdek, en

#10 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#9 VREESLOOS VERNUWEND

Verlede week was die fokus oorwegend op die realiteit van vernuwing wat om ons plaasvind. Soos God die seisoene verander, so skep dit in ons die begeerte om die metaforiese winterkoue (ook in ons hart) af te skud en met nuwe energie te wil leef. Wat ons begeerte vir vernuwing voed, is juis die belofte van God dat vernuwing moontlik is! God gee nie met ons moed op nie. God is die God van nuwe

#9 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#7 en 8 (naweek) VREESLOOS VERNUWEND

Sou iemand my vra na ‘n gunsteling aanhaling, sal die tweede-eeuse kerkvader, Irenaeus, Biskop van Lyon, se woorde waarskynlik eerste na vore kom. Dit is ‘n bekende sinnetjie in Latyn: “Gloria Dei est vivens homo!”. In Engels word dit vertaal met, “The glory of God is a human fully alive.” Ek vertaal dit bloot as, “God word verheerlik deur iemand wat werklik leef en nie maar net bestaan nie.” In Irenaeus se tyd – terwyl

#7 en 8 (naweek) VREESLOOS VERNUWEND Read More »