#Vreeslose Vernuwing

#6 VREESLOOS VERNUWEND

Frederick Buechner, teoloog en skrywer, het gesê dat “genade” ons herinner dat God aan die woord is:  “Hier is jou lewe. Hier is die wêreld. Mooi én slegte dinge sal gebeur, maar jy hoef nie bang te wees nie, in beide mooi én slegte dinge is God by jou. Alles in die skepping is vir jou bedoel – daar is net een “vangplek”:  soos met enige geskenk, is die geskenk van genade en blydskap joune […]

#6 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#5 VREESLOOS VERNUWEND

Tydens ons blomme-trippie ry ons by ‘n lemoenplaas verby waar trekkers lang treintjies vol vrugte agterna trek. In die boorde werk plukkers onverpoosd. Pluk die vrug! Pluk die dag! Carpe Diem! Dis makliker gesê as gedaan! Ons lewe is allesbehalwe een asemrowende avontuur. Vir sommige mense word hul dae geslyt in eensame of vervelige, lang ure; en môre herhaal dit weer. Wat is daar dan nou om met albei hande aan te gryp?! Horatius, die

#5 VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#4  VREESLOOS VERNUWEND

Ek probeer meditasies gewoonlik vooruit skryf. Hierdie meditasie (#4) skryf ek op lentedag. Op die hoë Kaapse bergspitse lê sneeulae nog dik. Ongeag wat die temperatuurmeter vandag sê, wéét ek: die lente is hier. Hoe so? Gister het ek in Nieuwoudtville rondgery en blomme in oorvloed gesien. Plate en plate daarvan. ‘n Dag of wat vroeër was die blomme van die Biedouwvallei op die spyskaart. Veelkleurigheid in oormaat. Søren Kierkegaard, die Deense teoloog, is bekend

#4  VREESLOOS VERNUWEND Read More »

#3 VREESLOOS VERNUWING

Een van Martin Luther se goeie vriende, die teologieprofessor, Philip Melanchthon,  het die gewoonte gehad om bedags boek te hou van elke verspeelde geleentheid waar hy die evangelie kon verkondig. Saans het hy een vir een die oomblikke voor God bely; pleitend dat God tog nog een dag by sy lewe sal gun. Saam daarmee dat God tog ook van hom dan ‘n betroubare getuie sal maak. (Ons gebruik die woord “mindfulness” – bewustheid –

#3 VREESLOOS VERNUWING Read More »

#2 VREESLOSE VERNUWING

Geen mens sal die uitsig kan indink as jy nie self, op hierdie oomblik, op hierdie plek, was nie. Ek (ons) sit tussen geel en pers en oranje en wit en blou lenteblommetjies; 360 grade omring deur die grootste skoonheid wat ek nog ooit gesien het. Namaqualand. Behalwe dat niemand van ons op hierdie oomblik die skoonheid sien nie.  Ons het probleme. Groot probleme. Die bussie waarin ons ry is kniediep in modder vasgeval. Die

#2 VREESLOSE VERNUWING Read More »

#VREESLOSE VERNUWING -1

#1 VREESLOSE VERNUWING Die natuur, wat gedurende die winter bykans stilgestaan het, bars nou om ons uit in volle glorie. Lente het aangebreek! Hierdie seisoen van vernuwing is ‘n kragtige metafoor vir die Christelike lewe. Die vreesloosheid waarmee botsels en blombolle hulself aan die wêreld aankondig – ongeag watter koue  front nog sou kom – herinner aan die radikale transformasie wat die Heilige Gees in die eerste gelowiges bewerk het. Onthou jy: Petrus, wat eens

#VREESLOSE VERNUWING -1 Read More »