Verlede week was die fokus oorwegend op die realiteit van vernuwing wat om ons plaasvind. Soos God die seisoene verander, so skep dit in ons die begeerte om die metaforiese winterkoue (ook in ons hart) af te skud en met nuwe energie te wil leef. Wat ons begeerte vir vernuwing voed, is juis die belofte van God dat vernuwing moontlik is! God gee nie met ons moed op nie. God is die God van nuwe kanse en nuwe geleenthede: “Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee” (Eseg 36:26).
In hierdie week wil ek graag fokus op ‘n paar skrifbeginsels wat hand-aan-hand loop met vernuwing. Die heel eerste een kom uit die mond van Jesus self wanneer Hy oor die Koninkryk van God begin preek. Sy heel eerste woorde is: “Bekeer julle” (bv in Matt 4:17). Die Griekse woord, “metanoia” (wat ons met bekering vertaal) het baie betekenisse: draai om; loop op ‘n nuwe pad; kom tot nuwe insigte; hê berou; maak ‘n verandering; sterf die oue af, ens. Wanneer Petrus na die uitstorting van die Heilige Gees begin preek, is van sy eerste woorde dieselfde: “Bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis” (Hand 3:19).
Vernuwing is nie maar net ‘n stille hunkering nie. Dit vra ‘n aksie. Dit vra selfondersoek. Dit vra eerlikheid. Soos ‘n Dawid vra “metanoia” van ons om te bely: “Ek is deeglik bewus van my oortredings en my sonde is voortdurend voor my” (Ps 51:5). Maar, wat is daardie oortredinge waarvan ek bewus moet raak? Wat is die ou patrone wat my verslaaf hou? Hierdie selfontdekking is nie ‘n oppervlakkige belydenis nie, inteendeel, dit breek jou van binne af oop. “Skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God” (Joël 2:13).
GEBED: Here, begeer ek bekering net soveel soos ek vernuwing begeer?
KUNS: Skildery deur Fritz Olivier. Beskikbaar by Droombos, +27 82 333 6479
MUSIEK:
Ons kyk na die musiekvideo van Leanna Crawford se “Still Waters (Psalm 23)”.
Uit die liriek:
Great Aunt Maurine said at a hundred and three
Write scripture on your heart for when you need it
Cause anxiety hates Psalm 23
So just say it to yourself ‘til you believe it
And I’m feeling like I’m needing it right now
The Lord is my shepherd, I shall not want
He leads me by still waters ‘til my fears are gone
Though I walk through the valley of the shadow of death
O I know You are with me
My father, my friend
Your goodness and mercy will follow me all of my days
I know by Your still waters I’m safe
Lord I believe You can set mе at ease
Turn this broken piеce in me to peace and quiet
I know there’s power in Your word
So I’ll say it over and over til my soul’s reminded
Oh The Lord is my shepherd, I shall not want
He leads me by still waters ‘til my fears are gone
Though I walk through the valley of the shadow of death
O I know You are with me
My Father, my friend
Your goodness and mercy will follow me all of my days
I know by Your still waters I’m safe
Still waters run through
Any valley I could find
I’m laying fear down
Here at Heaven’s riverside
Your word has been true
In every season of my life
I believe, yes I believe that
Still waters run through
Any valley I could find
I’m laying fear down
Here at Heaven’s riverside
Your word has been true
In every season of my life
I believe, yes I believe