Uncategorized

GESKENKE VAN GENADE 8 April

Genade bevry Slegs die genade van vergifnis kan die logika van seer en verbittering verbreek. — John O’Donohue > ” _Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie. _ ” (Rom 8:1) Soveel mense leef met ’n stil gewig van skuld. Soms kom dit uit dinge wat ons gedoen het; soms uit woorde wat ons nooit kan terugtrek nie. Die evangelie bring ’n radikale boodskap: in Christus is daar […]

GESKENKE VAN GENADE 8 April Read More »

#39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG

40 DAE VAN OORWINNING #39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG > VERSEKERDE OORWINNING! “Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars.” – Matteus 27:50-51 Op hierdie dag het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder geskeur. Vir die eerste keer is die grens tussen God en

#39 – 3 Apr GOEIE VRYDAG Read More »

#36 – 31 Mrt

40 DAE VAN OORWINNING #36 – 31 Mrt > OORWINNING OOR SKAAMTE “Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat ‘n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat.” – Johannes 19:23 Kruisiging was nie net ’n doodsvonnis nie; dit was openbare vernedering. Die veroordeelde is ontklee, uitgelewer, ten toon gestel. Skaamte was deel van die straf – om alles wat jou bedek

#36 – 31 Mrt Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 11

ADVENT WEEK 3: Wag met Vreugde 📖 – Filippense 4:4 – “Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle!” 💡- Vreugde is nie ‘n emosionele gevolg van ons omstandighede nie; dit is ‘n geloofsopdrag, ongeag ons omstandighede. Kyk mooi! Paulus gee hierdie woorde nie vir ons as ‘n voorstel of ‘n keuse nie. Dit hang ook nie van voorspoedige omstandighede af nie. Paulus skryf dit as ‘n opdrag. Herhalend. Met uitroeptekens.Om met vreugde

DIE KUNS VAN WAG: 11 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 13

📖 – Romeine 14:17 – “Die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.” 💡- Die Gees versterk ’n heilige trio in ons: geregtigheid wat regmaak, vrede wat stilmaak, en vreugde wat lig maak. Vreugde is soos sonlig wat deur dreigende donderwolke breek – onverwags, maar onweerstaanbaar. Vreugde is nie selfgemaak nie; sien dit eerder as die aantrekkingskrag van die Heilige Gees wat jou in

DIE KUNS VAN WAG: 13 Read More »

DIE KUNS VAN WAG: 12

📖 – Habakuk 3:17-18 – “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie…nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in God my Redder.” 💡- Ware vreugde is onafhanklik van aardse seëninge; dit is vasgevang in die identiteit van God as ons Redder. Die profeet Habakuk skilder ‘n katastrofiese prentjie van totale ekonomiese en landboukundige ineenstorting. Hoe sou ons ‘n klaaglied nie hiermee kon assosieer

DIE KUNS VAN WAG: 12 Read More »

MEER AS NET ‘N STORIE #20

… Van Saaier tot Visnet ANKERTEKS: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n treknet wat in die see gegooi is en allerhande vis bymekaar gemaak het. Toe dit vol was, het hulle dit op die strand uitgetrek, gaan sit en die goeie vis in mandjies bymekaar gemaak en die onbruikbare vis weggegooi.” (Matteus 13:47-48) ANKERGEDAGTE: Leef met moed, want die voleinding van God se plan is seker en Sy werk alleen. Ons reis deur

MEER AS NET ‘N STORIE #20 Read More »

GOD IN DIE KANTLYN #3 Onwrikbare Oortuiging

ANKERGEDAGTE: Ware geloof meet God se krag, nie die grootte van die uitdaging nie. Wie sou jy glo – tien manne wat sê ‘n taak is onmoontlik, of die een wat protesteer: ” Ons moet beslis… want ons kán dit doen ” (Num 13:30)? Kaleb was sy naam. Hy was die een ” met ‘n ander gesindheid “: ‘n Godgesindheid. Kaleb het God ” getrou gevolg ” (Num 14:24), selfs toe almal bang was. Vrees

GOD IN DIE KANTLYN #3 Onwrikbare Oortuiging Read More »

GOD IN DIE KANTLYN #4 Links is soms vir God reg(s)

ANKERGEDAGTE: Ons beperkinge is dalk juis wat God nodig het. Ehud, die man wat die Moabitiese koning vermoor, was slinks en brutaal. Maar kyk bietjie dieper, dan ontdek jy die eintlike storie. Vir twintig jaar word die Israeliete deur die Moabiete oorheers. Die volk pleit by God om hulp. God luister. En so kom Ehud op die toneel. Maar lees mooi: “ Ehud was links ” (Rigters 3:15). Die fokus is nie die gewelddadigheid nie;

GOD IN DIE KANTLYN #4 Links is soms vir God reg(s) Read More »

GOD IN DIE KANTLYN #1:

Die Naamlose Skakel > ANKERGEDAGTE: God werk selfs deur die onwaarskynlikstes om Sy planne te vervul. Soveel keer werk God vanuit die kantlyn – daar waar die “gesigloses” is; hulle wat nie in die kollig van die lewe staan nie. Die verhaal van Abraham se oudste slaaf in Genesis 24 is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Hierdie verhaal hou direk verband met God se getrouheid om Sy belofte aan Abraham en Sara na te kom. En

GOD IN DIE KANTLYN #1: Read More »