DIE KUNS VAN WAG: 12

📖 – Habakuk 3:17-18 – “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie…nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in God my Redder.”

💡- Ware vreugde is onafhanklik van aardse seëninge; dit is vasgevang in die identiteit van God as ons Redder.

Die profeet Habakuk skilder ‘n katastrofiese prentjie van totale ekonomiese en landboukundige ineenstorting. Hoe sou ons ‘n klaaglied nie hiermee kon assosieer nie! Maar Habakuk het in sy lewe ‘n ander lied leer sing: die lied van desondanks en ten spyte van. Habakuk het geleer om onvoorwaardelik vir God ‘n jubellied te sing. Waarom? Omdat hy God leer ken het – nie uit “wat” God gee nie; maar “wie” God is.
‘n Klaaglied verander in ‘n jubellied wanneer jy niks meer wil hê behalwe God self nie. Soos Paulus skryf, “Al wat ek wens, is om Christus te ken …” (Fil 3:10.)
Is Christus werklik jou enigste begeerte?

🪜- Maak vir jou ‘n lys van daardie dinge waaroor jy vandag vir God wil prys selfs al sou jou lewensomstandighede onveranderd bly. Noem dit jou “Nogtans-Lysie”. Probeer om daagliks die lys te verleng.

🙏 Jesus, U is my Redder! Vestig my hart so stewig in Uself dat ek selfs in gebrokenheid U naam kan jubel..