BELOFTES #22

Ek wil steeds by Jeremia se profesie (m.a.w. God se belofte) bly, want iets in hoofstuk 32 wil my gedagtes nog nie los nie. In Jeremia 32:40b staan daar: “Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie.” Die 1953-vertaling gee dit bietjie anders: “Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.” 

Daar is ‘n groot verskil tussen “vrees vir die Here” en “vrees van die Here.” Eersgenoemde beteken om bang te wees vir God; laasgenoemde beteken om ontsag te hê vir die grootheid van God. Die Engelse woord is vir my mooi: “Awe”. Die vrees van die Here beteken om in verwondering (“in awe”) te staan oor wie God is. Hoe groter jou verwondering, hoe groter raak die begeerte om God te dien. Dalk kan ek dit so sê: hoe laer jy voor God buig, hoe meer bruikbaar is jy vir God. 

Hoe “awesome” is dit nou nie! Dit is God wat self belowe om die begeerte in ons te plaas om God gehoorsaam te wees. Filippense 2:13 sê dieselfde: “Dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

In ‘n onlangse gesprek met ‘n tienerdogter vertel sy hoe bang sy is om God voluit te dien, want sy is bang dat God haar dalk na plekke toe sal wil stuur (“soos Afghanistan”, was haar woorde) waarheen sy nie wil gaan nie. Ons kan dalk lag daarvoor, maar sy verwoord baie van ons eie vrese: wat God dalk vra is juis wat ons nie wil gee nie.  

Dit is waarom hierdie belofte van God so buitengewoon is: die begeerte en die bekwaamheid en die gewilligheid kom van God. Soos die Engelse gesegde lui: “God seeks not capability, but availability.”

GEBED: Ek wil graag diensbaar wees, my HERE, maak daarom my verwondering in U groter en groter!

KUNS: “Elia word deur kraaie gevoed” deur Giovanni Lanfranco

MUSIEK: 

Ons kyk na VOCES8 se uitvoering van Gabriel Fauré se ‘Cantique de Jean Racine’. Hierdie is ‘n liriese en rustige koorstuk wat die sagte en getroue teenwoordigheid van God beklemtoon, wat Sy belofte weerspieël om nooit van Sy mense weg te draai nie.

Uit die liriek:

Verbe égal au Très-Haut, notre unique espérance,

Jour éternel de la terre et des cieux,

De la paisible nuit nous rompons le silence:

Divin Sauveur, jette sur nous les yeux.

Répands sur nous le feu de Ta grâce puissante;

Que tout l’enfer fuie au son de Ta voix;

Dissipe le sommeil d’une âme languissante

Qui la conduit à l’oubli de Tes lois!

Ô Christ! sois favorable à ce peuple fidèle,

Pour Te bénir maintenant rassemblé;

Reçois les chants qu’il offre à Ta gloire immortelle,

Et de Tes dons qu’il retourne comblé.

Word of the Highest, our only hope,

Eternal day of earth and the heavens,

We break the silence of the peaceful night;

Saviour Divine, cast your eyes upon us!

Pour on us the fire of your powerful grace,

That all hell may flee at the sound of your voice;

Banish the slumber of a weary soul,

That brings forgetfulness of your laws!

O Christ, look with favour upon your faithful people

Now gathered here to praise you;

Receive their hymns offered to your immortal glory;

May they go forth filled with your gifts.