Lig in die Winter

4 – God se stilte beteken nie afwesigheid nie

Lig in die Winter. 4 – God se stilte beteken nie afwesigheid nie (6 Jul) Toe ons jonger was, het ons dikwels verwag dat God se leiding duidelik sou wees: ‘n oop deur, ‘n antwoord op gebed, ‘n gevoel van sekerheid. Maar die jare leer ons dat God dikwels stiller werk as wat ons sou verkies. Dink aan Josef. Vir jare was daar geen teken dat God besig was om sy lewe te gebruik nie. […]

4 – God se stilte beteken nie afwesigheid nie Read More »

3 –Vashou; ten spyte van

Lig in die Winter. 3 –Vashou; ten spyte van (3 Jul) Daar is gebede wat maklik kom. Dan is daar gebede wat soos swaar emmers uit ‘n diep put opgetrek moet word. Deurwinterde gelowiges weet dat nie elke gebed met dieselfde ligtheid gebid word nie. Daar is tye wanneer die woorde opraak. Wanneer die bekende frases hol klink. Psalm 88 is besonder omdat dit nie die donker wegredeneer nie. Die digter probeer nie sy pyn

3 –Vashou; ten spyte van Read More »

2 –Wag en onthou

Lig in die Winter. 2 –Wag en onthou (2 Jul) Daar is ‘n verskil tussen wagtyd en mors van tyd. Tog voel wagtye dikwels soos verlore tyd. Ons wag vir antwoorde. Ons wag vir genesing. Ons wag vir versoening. Ons wag vir die dag wanneer iets wat lank stukkend is, uiteindelik herstel sal word. Wanneer ons jonk is, dink ons wagtye is onderbrekings van die lewe. Later ontdek ons dat wagtye dikwels die lewe ís.

2 –Wag en onthou Read More »

Lig in die Winter. #1

Lig in die Winter. #1 Hartswinter (1 Jul) > “Hoe lank nog, Here? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg? Hoe lank nog moet ek kwellinge in my binneste dra, elke dag kommer in my hart? (Psalm 13:2–3 2020-vert.) Daar is seisoene in die lewe wat soos winter voel. Nie noodwendig omdat iets dramaties verkeerd gegaan het nie, maar omdat God skielik ver weg lyk. Gebede

Lig in die Winter. #1 Read More »