Lig in die Winter
12 – Die gawe van genoeglikheid (16 Jul)
📖 “Die Here is my herder; ek kom niks kort nie.” Psalm 23:1
Ons dink dikwels daar is nog één ding wat ons lewe uiteindelik sal laat rus vind. Nog ‘n bietjie geld. Nog beter gesondheid. Nog antwoorde. Nog beheer. Dan sal ons vrede hê.
Maar daardie “nog één ding” skuif aanhoudend verder weg.
Psalm 23 begin op ‘n verrassende plek. Nie by dit wat Dawid besit nie, maar by Wie hom lei. Daarom kan hy sê: “Ek kom niks kort nie.”
Paulus moes dieselfde les leer. Hy skryf nie dat hy altyd genoeg gehad het nie, maar dat hy geleer het om genoeg te vind, omdat Christus sy genoeg geword het.
Die wêreld leer ons om voortdurend méér te begeer. God nooi ons om anders te leef: nie vanuit tekort nie, maar vanuit sy trou. Die diepste vrede kom wanneer ons ophou vra: “Wat kort nog?” en begin ontdek: “Wie is reeds by my?”
🔌 BYBELSTUDIE
Psalm 23, Filippense 4:11–13 en Hebreërs 13:5–6
God se teenwoordigheid is die fondament om te leef met die gawe van genoeglikheid.
☝🏼Wat in jou lewe het jy eens as noodsaaklik beskou, maar later ontdek jy kon sonder dit leef?
🙏🏽 Here, leer my die vreugde van genoeg. Help my om my rus in U te vind. Amen.

