October 2024

BELOFTES #19-20 (NAWEEK)

As dit waar is dat ons met elke toesegging en belofte meer van God se hart vir die mensdom leer ken, dan weet ek nie wat doen ons aan God se hart wanneer ons God nie op God se woord ernstig neem nie! Waarom het God nie maar net moed opgegee met ‘n verbondsvolk wat nie hulle deel van die verbintenis nakom nie? Waarskynlik is die antwoord eenvoudig: God kan nie! God kan nie anders […]

BELOFTES #19-20 (NAWEEK) Read More »

BELOFTES #18

Baie beloftes is gebaseer op toeseggings. Hier is ‘n goeie voorbeeld: “Julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra” (Jes 46:3b-4a).  By ‘n belofte of ‘n toesegging is daar net een party betrokke. Maar, wanneer ‘n verbond gesluit word, gebeur dit altyd tussen twee partye, en voor getuies.

BELOFTES #18 Read More »

BELOFTES #17

Vir my is daar geen teks in die Bybel wat die verbeelding so aangryp soos Jesaja 43:19 nie. Dalk is dit waarom die rabbi’s die legende van Josef met Jesaja se belofte verbind het: wie sou nou ooit kon glo dat daar vir die omliggende volkere verligting kon kom van hongersnood n.a.v. die kaf wat Josef in die Nylrivier laat wegdryf het? Net so sou ‘n mens kon vra: wie sou nou ooit kon dink

BELOFTES #17 Read More »

BELOFTES #16

In die ou rabbynse geskrifte is daar ‘n legende oor Josef, die seun van Jakob wat aangestel was as die hoof van Farao se groot graanskure in Egipte (Gen 41). Tydens die sewe jare van oorvloed – so lui die legende – het Josef die kaf van die koring laat skei; al die blare-afval is in die Nyl gegooi en het weggedryf. Die omliggende volkere wat deur die Nyl gevoed was, het tydens die droogte

BELOFTES #16 Read More »

BELOFTES #15

Iemand het eenmaal gesê, “A text without a context is a pretext .” As jy nie die konteks van ‘n teks (veral ‘n antieke teks) in ag neem nie, maak jy eintlik daarvan jou selfgeskrewe teks.  Neem Jeremia 29:11 as ‘n voorbeeld. Ek was 17 jaar oud, reeds maande lank in die hospitaal na ‘n ongeluk, toe Ou-dominee Dirk vir my die belofte gelees het. Dit is vir my bedoel, het hy gesê, terwyl hy

BELOFTES #15 Read More »

BELOFTES #14

Sommige mense beskou God as ‘n waarnemer van ons lewens. God hou ons dop, ja, maar dit is vir baie mense eerder ‘n vreesaanjaende gedagte as ‘n troos. Die vraag wat elke mens een of ander tyd self moet antwoord, is: “Waar is God in al hierdie chaos om ons?”  Soos Dawid (in Psalm 22:1) roep ons ook soms ten hemele: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”  Party mense sê ons leef

BELOFTES #14 Read More »

BELOFTES #12 – 13 (NAWEEK)

In 1947 het die Brits-Amerikaanse digter, W.H. Auden, ‘n gedig geskryf, getiteld “The Age of Anxiety”. Sedertdien word hierdie uitdrukking – “die era van angstigheid” – meer-en-meer gebruik om die 21ste eeu te beskryf. In vergelyking met vorige geslagte het selfs die armstes-van-die-armes beter lewensomstandighede as ooit vantevore. Tog het al die opsigtelike sosiale verbetering ons nie gehelp om gelukkiger mense te word nie. Ons het bang mense geword. Dit is nie net die vreemdelinge

BELOFTES #12 – 13 (NAWEEK) Read More »

BELOFTES #11

Onlangs sit ‘n vrou by my en gesels-kla oor haar lewe. Letterlik niks draai vir haar reg uit nie, vertel sy. “Daar is soveel beloftes in die Bybel dat God ons gebede sal beantwoord”, gesels sy. “Maar, ek vra en vra en vra, en niks verander nie.”  Sy is besig om haar geloof in God te verloor, gaan sy voort: “Of ek glo nie reg nie, of God is net ‘n lugspieëling.” Nog voor ek

BELOFTES #11 Read More »

BELOFTES #10

Oepke Noordmans, ‘n Nederlandse teoloog, is bekend daarvoor dat hy die Evangelie “’n sak vol beloftes” genoem het. Hy het dit ook só gestel: “Die Evangelie het die krag om treurendes te troos, twyfelende mense vastigheid te gee, Thomasse tot geloof te bring.” Dit is juis vir my die mooiste van die Goeie Nuus (wat ons ook “evangelie” noem): ons is nie vasgeketting aan ons verlede nie. Daar is vir ons inderdaad goeie nuus! Dit

BELOFTES #10 Read More »

#9 BELOFTES

Vir ons het ‘n belofte te make met iets wat nog in die toekoms moet realiseer, terwyl ons weet dat baie van die beloftes in die Bybel reeds realiseer het (maar steeds ook op ons van toepassing is). Daarom verkies baie teoloë om eerder van “toeseggings” te praat, of “waarborge” (wat die Heilige Gees immers vir ons is – sien #8). Hier is nou ‘n goeie voorbeeld van ‘n toesegging: “God is vír ons, wie

#9 BELOFTES Read More »