In 1947 het die Brits-Amerikaanse digter, W.H. Auden, ‘n gedig geskryf, getiteld “The Age of Anxiety”. Sedertdien word hierdie uitdrukking – “die era van angstigheid” – meer-en-meer gebruik om die 21ste eeu te beskryf. In vergelyking met vorige geslagte het selfs die armstes-van-die-armes beter lewensomstandighede as ooit vantevore. Tog het al die opsigtelike sosiale verbetering ons nie gehelp om gelukkiger mense te word nie. Ons het bang mense geword. Dit is nie net die vreemdelinge om ons wat ons wantrou nie; God het vir die 21ste-eeuse mense ook ‘n vreemdeling geword.
Die teoloog A.W. Tozer het eenmaal gesê: “Die mens wat God as sy skat het, het alles in Een.” Net so het Dietrich Bonhoeffer geskryf: “‘n Christen is nooit op die regte plek as hy nie in die regte verhouding met God is nie.” Gister (#10) kan dalk die idee skep dat gebed oorbodig is, as God ons vreugde is (Ps 37:5). Glad nie! Waarom sou Jesus dan soveel ure in gebed deurgebring het? Waarom sou Jesus dan byvoeg: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).
Angstigheid en bekommernis is deel van elke generasie se lewe. Jesus het self gesê: “In hierdie wêreld sal julle dit moeilik hê…” Maar, Hy het nie daar gestop nie! Hy’t voortgegaan: “Hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Joh 16:33b). As jy nie aan hierdie toesegging (gerealiseerde belofte) vashou nie, gaan jy van binne af opgevreet word deur jou vrese en angstigheid.
Daar is ‘n oplossing vir ál ons vrese: buig na God toe. Dit is nie “wêreldvrede” wat gemoedsvrede kan bewerk nie. Dit is slegs die vrede wat van God of kom, wat blywende gemoedsvrede kan gee.
GEBED: Ek wil vandag my bekommernisse een vir een vir U opnoem, en vra dat U my daarvan sal verlos.
KUNS: “The Hand of God” deur Yongsung Kim.
MUSIEK:
Ons kyk na die video van “Ave verum corpus” soos uitgesaai deur die BBC op 16 April 2022.
Uit die liriek:
Ave verum corpus, natum
de Maria Virgine,
vere passum, immolatum
in cruce pro homine
cujus latus perforatum
fluxit aqua et sanguine:
esto nobis prægustatum
in mortis examine.
~~~
Hail, true Body, born
of the Virgin Mary,
having truly suffered, sacrificed
on the cross for mankind,
from whose pierced side
water and blood flowed:
Be for us a foretaste [of the Heavenly banquet]
in the trial of death!