GEESKRAGTIG

21 – Die Gees laat jou dans in lewe (29 Junie)

⁠ 🏋️ Geeskrag: Die Gees is die ritme wat jou voete laat beweeg in God se dans van lewe. ⁠

Geloof is meer as net ‘n rusplek – dit is ’n dansvloer. Die Gees is die musiek wat jou optrek uit jou passiwiteit en jou laat beweeg in vryheid. ‘n Mens kan sittend ritme hou; maar eers wanneer jou liggaam aan beweging kom, kan jy voluit jouself oorgee aan die polsslag.
Só is die Gees: Hy gee jou ritme, Hy gee jou energie, Hy gee jou vreugde. Wanneer die Gees jou dansmaat word, ontdek jy dat die lewe nie ’n swaar taak is nie, maar ’n vreugdevolle deelname aan God se beweging.

👏 Heilige Gees, laat my voete beweeg in U ritme; laat my lewe dans in U vreugde.

🕰️ AS JY MEER TYD HET:

•⁠ ⁠Lees : Psalm 30:11–12; Johannes 10:10; Romeine 14:17.

Psalm 30 gee ’n radikale beeld: rouklag word verander in dans. Dit is nie net ’n emosionele skuif nie; dit wys dat vreugde nie oppervlakkig is nie, maar ’n daad van verlossing. Jesus neem dit verder as Hy sê Hy het gekom dat ons lewe kan hê, en dit in oorvloed. Die Griekse woord perissos beteken oorvloedig, oorlopend, meer as genoeg. Die Gees gee jou nie net krag om te oorleef nie, maar ritme om die oorvloed daarvan te ervaar. Lewensvreugde is nie net ‘n byproduk van die Gees nie, dit is ‘n koninkryksmerker. Die teologie van vreugde is nie ligsinnig nie: dit is ’n profetiese daad. Die dood (en die doodsheid van die lewe) het nie die laaste woord nie.

⁠💭  Waar het jy nodig dat die Gees jou rouklag verander in dans, en jou laat leef met oorvloedige vreugde?    

👉 Môre se vraag: Hoe laat die Gees jou lewe vonkel met hoop?