October 2024

BELOFTES #8

In ‘n belofte is daar nooit ‘n “dalk” nie; daar is wel ‘n “beslis.” En nou is daar nog ‘n belangrike ding wat ons nie altyd so goed verstaan nie: daar is geen “uitstaande” beloftes van God nie. Die Bybel noem Jesus die vervulling van al God se beloftes. 2 Kor 1:19-21 is ‘n belangrike teks hieroor: “Jesus Christus, die Seun van God, … is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes […]

BELOFTES #8 Read More »

#7 Beloftes

Die Bybel is ‘n “dink terug en onthou”-boek. Dit is ‘n “dink terug en vertrou”-boek. Søren Kierkegaard, die Deense filosoof, het juis gesê, “Die lewe kan slegs agteruit verstaan word; maar dit moet vorentoe geleef word.”  Hoe sal ons ooit die waagmoed van vertroue kan ontdek as ons dit nie eerstehands ervaar het nie? Ons probleem is dat ons so maklik vergeet. Dit het my laat dink aan die belofte wat God vir Noag gegee

#7 Beloftes Read More »

#5 – 6 BELOFTES (NAWEEK)

Een van die beloftes wat die meeste in die Bybel voorkom is die belofte dat God elke oomblik by ons sal wees. Daarom wil ek nog bietjie tyd hieraan spandeer. Die Ou Testament loop oor daarvan. Dit was Jesus se laaste woorde ook. Die uitstorting van die Heilige Gees is die bewys daarvan: God is met ons. In Hebreërs 13:5-6 som dit mooi op, “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou

#5 – 6 BELOFTES (NAWEEK) Read More »

#4 BELOFTES

Vir my is ‘n veel mooier uitdrukking as “ek belowe” deur te sê, “ek gee jou my woord.” Nou is dit nie sommer net “praatjies-maak” nie, dis jou “woord-van-eer”.  In Hebreeus is die woordjie “dabar” (of “dawar”) dieselfde stamwoord vir praat en sê, ook vir woorde en beloftes. Wanneer God praat is dit God se gebod. Daarom is die korrekte vertaling van die “Tien GEBOOIE van God” dus eintlik die “Tien WOORDE van God.”)  So

#4 BELOFTES Read More »

#3 BELOFTES

‘n Student het eenmaal aan die teologieprofessor gevra, “hoeveel beloftes is daar in die Bybel?” Waarop die professor antwoord, “Een vir elke dag.” Die student glimlag instemmend, “Dus, 365?” “Nee”, antwoord die geleerde, “een vir elke dag vir die res van jou lewe.” Dalk kan ons dit anders ook stel: daar is een belofte, maar, die enkele belofte is geldig vir elke dag van jou lewe, tot in lengte van dae. En, as ek jou

#3 BELOFTES Read More »

#2 Beloftes

Dit is regtig nie so maklik om oor die beloftes in die Bybel te skryf soos wat ek en jy dalk graag sou wou dink nie. Die meeste van die beloftes in die Bybel is nie aan individue gemaak nie, maar aan ‘n volk – alhoewel ek graag glo dat dit vir my spesifiek (of jou) bedoel is. Die meeste van die beloftes is gemaak binne ‘n spesifieke konteks, terwyl ons konteks wêrelde daarvan verskil.

#2 Beloftes Read More »

#1 BELOFTE

Die Nederlandse teoloog, Herman Bavinck, het eenmaal gesê: “‘n Godsdiens wat nie kan troos in rou en smart, in lewe en dood nie, kan nie die ware godsdiens wees nie.” Niks is so betekenisloos soos goedkoop troos nie, en niks is so troosloos soos leë beloftes nie. Ons sê maklik, “beloftes maak skuld” – jy het ‘n verantwoordelikheid om aan jou woord getrou te bly. Maar dit is seker nie verniet nie dat die idioom

#1 BELOFTE Read More »