BELOFTES #17

Vir my is daar geen teks in die Bybel wat die verbeelding so aangryp soos Jesaja 43:19 nie. Dalk is dit waarom die rabbi’s die legende van Josef met Jesaja se belofte verbind het: wie sou nou ooit kon glo dat daar vir die omliggende volkere verligting kon kom van hongersnood n.a.v. die kaf wat Josef in die Nylrivier laat wegdryf het? Net so sou ‘n mens kon vra: wie sou nou ooit kon dink dat God ‘n pad in die woestyn sou maak? 

Maar, Jesaja se belofte wys nie terug na Josef toe nie; Jesaja se belofte wys vorentoe! Dit is ‘n sg. Messiaanse belofte. Hierdie belofte laat die storie oor die kaf in die Nylrivier (#16) soos kinderspeletjies klink. Dat God self ‘n mens sou word, is die toppunt van Goddelike verbeeldingrykheid. (Lees Fil 2:6-7).  Meer nog, soos C.S. Lewis gesê het: “Die Seun van God het ‘n mens geword om mense in die seuns (kinders) van God te laat verander. In hierdie daad is ons getuies van die goddelike verbeelding wat ‘n nuwe werklikheid vir die mensdom skep.”

Jesus is nie net die vervulling van al God se beloftes nie (aldus 2 Kor 1:20); Jesus is,

soos Tom Wright geskryf het, “God se verbeelding-in-aksie. ” Met Jesus se koms is hoop gebore! Ons is nie meer die slawe van ons eie verlede nie; daarom begin Jesaja se belofte só: “Moenie by die verlede stilstaan nie” (43:18). By God bestaan die verlede nie meer nie. Daarom skryf Paulus eeue later, “Iemand wat aan Christus

behoort, is ‘n nuwe mens…. Dit alles is die werk van God” (2 Kor 5:17-18).

In plaas van om onsself aan hooploosheid oor te gee, word ons uitgenooi om God se

Hoop te ontvang, en hoopdraers te word; in plaas van wantroue en gebroke verhoudinge as die enigste moontlikheid te sien, God se Vrede te ontvang en

vredemakers te word. 

KUNS: “Abraham se offerande” deur  Caravaggio

GEBED: Vul my met U verbeelding, en bring my dan oor tot aksie, Here.

MUSIEK:  Ons kyk na die liriekvideo van  “A Mighty Fortress Is Our God” deur Dinah Wright die oorspronklike weergawe is deuyr Martin Luther geskryf.