#2 VREESLOSE VERNUWING

Geen mens sal die uitsig kan indink as jy nie self, op hierdie oomblik, op hierdie plek, was nie. Ek (ons) sit tussen geel en pers en oranje en wit en blou lenteblommetjies; 360 grade omring deur die grootste skoonheid wat ek nog ooit gesien het. Namaqualand. Behalwe dat niemand van ons op hierdie oomblik die skoonheid sien nie.  Ons het probleme. Groot probleme. Die bussie waarin ons ry is kniediep in modder vasgeval. Die son is besig om te sak; die blomme se gesiggies begin van ons af wegdraai. En daar is geen ander mens om ons in sig wat kan help nie …

Ja, ons het daar uitgekom – maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag. Terwyl ons wegry is die  onderlinge atmosfeer anders as enkele ure gelede.  Het een “slegte” insident die skoonheid om ons neutraliseer?

Is dit nie hoe ons lewens  tog verloop nie? Ons word elke oomblik van die dag (en die nag) omring deur die “skoonheid van God” omvang; al is daar ook erge watter diepe ontwrigtings. Die vraag is, wat sien ons?

Alles gaan oor perspektief. Waarop fokus ons?

Hierdie reeks gaan oor vernuwing. Daagliks is daar bewyse van lewe – oorvloedige lewe – om ons,  maar hoeveel van ons leef in volledige geestelike harmonie hiermee? Ek weet jy weet waarvan ek praat. Ons beleef dit elke dag.

Lente in Namaqualand het my asem weggeslaan. As dit is wat God met die veld kon doen, wat kan God nie alles met ons doen nie!

Ek bid vir vurige vernuwing vir my eie lewe. Jy seker ook. Maar, wat beteken dit? Vir Timoteus het Paulus gesê dat hy sekere genadegawes “soos ’n vuur weer moet aanblaas” (2 Tim 1:6). Wat moet soos ‘n vurige vuur in ons aangeblaas word?  Ek bid vir die “vurige aanblaas” om op die Goddelike te fokus. En jy?

GEBED: Gees van God, U is die aanblaser van vernuwing – hier is ek.

MUSIEK:

Ons kyk na die musiek-video van “Alles wordt nieuw” deur die Nederlandse-groep Sela.

Uit die liriek:

Wij zijn op weg naar Jezus’ koninkrijk.

Wat God heeft beloofd komt steeds dichterbij.

Wij zijn samen, lopen niet alleen.

God zelf leidt ons er heen.

Er is goed nieuws voor wie het horen wil.

Gods woord echoot door, soms luid en soms stil.

Jezus’ roep blijft door de wereld gaan.

Gods toekomst komt eraan.

Geef niet op en kijk vooruit.

Altijd is er hoop.

Jezus zal de koning zijn.

God maakt alles nieuw, alles wordt nieuw.

Zoveel getuigen zijn ons voorgegaan.

Ook wij geven door wat God heeft gedaan.

Door de eeuwen heen en voor altijd

bouwt God zijn koninkrijk.