#1 VREESLOSE VERNUWING
Die natuur, wat gedurende die winter bykans stilgestaan het, bars nou om ons uit in volle glorie. Lente het aangebreek! Hierdie seisoen van vernuwing is ‘n kragtige metafoor vir die Christelike lewe. Die vreesloosheid waarmee botsels en blombolle hulself aan die wêreld aankondig – ongeag watter koue front nog sou kom – herinner aan die radikale transformasie wat die Heilige Gees in die eerste gelowiges bewerk het. Onthou jy: Petrus, wat eens gesê het: “Ek ken hom nie” (Luk 22:57) het na die uitstorting van die Heilige Gees vreesloos opgestaan en begin getuig (bv Hand 3:11-26).
Net soos die grond om ons herleef, so word ons genooi om ‘n radikale vernuwing in ons geestelike lewens te ervaar. Hierdie vernuwing is nie bloot oppervlakkig nie; dit dring diep in ons wese in. Paulus preek hieroor in Romeine 12:2, waar hy ons aanspoor om “verander te word deur die vernuwing van julle gedagtes”. God se vernuwing is ‘n diep en deurlopende verandering, wat ons gedagtes, gedrag en harte in harmonie met God se wil bring.
Die Kerkvader Augustinus van Hippo het eenmaal gesê: “Die waarheid is soos ‘n leeu; jy hoef dit nie te verdedig nie. Laat dit vry; dit sal homself verdedig.” Dit is met hierdie passie wat ek saam met Dawid wil bid: “Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde…” (Ps 51:10, Die Boodskap).
Wat weerhou jou dalk daarvan om geheel en al oorgegee te wees aan die krag van die Heilige Gees? Dit is waaroor hierdie reeks gaan. Om te ervaar hoe die skoonheid en lewenskragtigheid van ‘n nuwe seisoen ook in ons eie lewens gesien kan word. Mag dit vir jou so wees!
Mag hierdie lentereeks oor geestelike vernuwing jou begeester en vol afwagting laat. Mag ons bedag wees op God se werk in ons. Mag ons die nuwe lewe wat Hy bied met oop harte en gedagtes omarm.
GEBED: Hier staan ek voor U, my Here; maak met my wat U wil.
MUSIEK:
Ons kyk na ’n saamgestelde-video weergawe van “Lo, how a Rose e’er blooming”. Die melodie is van 1599 en die spesifieke harmonie deur Michael Praetorius (1571-1621).
Olivia Sue Greene, Wendy Gilles, Chris Carter en Jeff Morrissey van die St. Bartholomew’s Choir saam met orrelis en onder leiding van Paolo Bordignon.
Uit die liriek:
Lo, how a Rose e’er blooming
from tender stem hath sprung!
Of Jesse’s lineage coming
as seers of old have sung.
It came, a blossom bright,
amid the cold of winter,
when half spent was the night.
Isaiah ’twas foretold it,
the Rose I have in mind,
with Mary we behold it,
the Virgin Mother kind.
To show God’s love aright,
she bore to us a Savior,
when half spent was the night.
O flower whose fragrance tender
with sweetness fills the air,
dispel in glorious splendour
the darkness everywhere;
true man, yet very God,
from sin and death now save us,
and share our every load.