Frederick Buechner, teoloog en skrywer, het gesê dat “genade” ons herinner dat God aan die woord is: “Hier is jou lewe. Hier is die wêreld. Mooi én slegte dinge sal gebeur, maar jy hoef nie bang te wees nie, in beide mooi én slegte dinge is God by jou. Alles in die skepping is vir jou bedoel – daar is net een “vangplek”: soos met enige geskenk, is die geskenk van genade en blydskap joune wanneer jy jou hart oopmaak om dit te ontvang.”
Dit is maklik om die “mooi” as ‘n geskenk van genade en blydskap te ontvang; maar om die hande oop te hou om ook die slegte dinge te ontvang, dit is werklike geloof. Eers dan verstaan jy werklik Habakuk se loflied: “Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, … nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder” (Hab. 3:17-19)
Ek lees weer Buechner se woorde: “…Alles in die skepping is vir jou bedoel – daar is net een “vangplek”: soos met enige geskenk, is die geskenk van genade en blydskap joune wanneer jy jou hart oopmaak om dit te ontvang.” Dit herinner my aan die Latynse woorde: “gratis” en “gracia.” Genade (“gracia”) wat vrylik (“gratis”) ons aangebied word. Goedheid gratis gegee. Die Joodse skrywer-filosoof, Elie Wiesel het gesê, “Dink aan elke uur as genade, want wat nou is, is netnou nie meer daar nie.” Gister was dit nog winter, vandag skyn die son dalk warm. Die Engelse vertaling van Klaagliedere 3:22-24 (uit the Message) is vir my mooi: “God’s loyal love couldn’t have run out, his merciful love couldn’t have dried up. They’re created new every morning. How great your faithfulness! … I say it over and over: He’s all I’ve got left.” Ons kan níé God se goedheid en getrouheid “gedaan” leef nie.
GEBED: Vrygewige God; God wat niks terughou nie – nie eers Uself nie! Vol goedheid en genade.
KUNS: Gustav Klimt, 1913, Oostenryk
MUSIEK:
Ons kyk na die liriekvideo van Grant Adams se “The Valley”.
Uit die liriek:
All of my life, You have been faithful
All of my days, You have been good
So why would I question now if You’re able
I know you’ll come through like You said that You would
In the middle of the valley of the shadow
I won’t be afraid
In the middle of the desert when I’m wandering
You will make a way
Cause I know that Your goodness and Your mercy
Are with me all my days
In the middle of the valley of the shadow
I won’t be afraid
When darkness is all surrounding me
You’ll make a fest in front of my foes
When I am weak I’ll rest in fields of green
And day after day my cup overflows
Surely Your goodness and love will follow me
And I will dwell in Your house