Die oorsprong van woorde fassineer my. So leer ken ek ‘n nuwe Engelse woord, “compunction”. Die woordeboek vertaal dit met spyt en wroeging. Ook met gewetensknaging. “Compunction”, so leer ek, is afgelei van die Latynse “compungere”: om met ‘n skerp punt te steek. (En nou verstaan ek sommer ook hoe ‘n fiets se band afblaas omdat dit skielik ‘n “puncture” gekry het.)
Dit is ‘n slegte ding as ‘n mens met so ‘n selftevredenheid leef dat dinge later nie meer aan jou knaag nie, en jy bloot blazé voortleef. Ek wonder skielik wanneer het die toewyding van die gemeente van Efese soos ‘n “slow puncture” die energie uit hulle verhouding met Jesus verlore laat gaan. Nêrens lees ‘n mens van ‘n vreeslike gewetensbeknaging wat hulle oorval het nie; daarom het hierdie beskuldiging van Jesus hulle seker onkant gevang: “Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding … Julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie” (Openb 2:2-4).
Die gemeente van Efese het passievol begin, maar geleidelik het die “slow puncture” die lewe uit hul laat syfer, sodat hulle hulself met ‘n soort vormgodsdiens besig gehou. Dis daardie tipe godsdiens wat jou bloot gemaklik laat voel. Ek noem dit sommer ‘n “Lazy Boy godsdiens”. Jy kan op die oog af baie doenig lyk, maar die probleem is dat daar nie trefkrag in so ‘n godsdiens is nie.
En skielik is dit asof Jesus nou hier by my ook staan, en net soos vir Petrus die oggend op die strand (in Joh 21), drie maal vra: “Het jy my regtig lief?” Het jou liefde sedert verlede jaar se Lydenstydperiode verdiep? Of is jou passie dalk aan’t verflou?
Wat sal jy antwoord?
GEBED: U weet dat ek U liefhet, Here; maar soms knaag my gewete tog aan my. Vergewe my!
MUSIEK:
Ons musiekkeuse vandag val op ‘n Suid-Afrikaanse massakoor, die sg. “Nuwe Apostels van SA” wat “If You Love Me” deur Joel Raney sing. Aangeheg is die lirieke om te lees.
My peace I give you,
my peace I leave with you,
and I will comfort you
in times of trouble.
And if you love me, If you love me
If You Love me, keep my commands.
Though I may leave you,
I will return for you,
I’ll go prepare for you
a place beside me.
And if you love me, If you love me
If You Love me, keep my commands.
Because I live, you too, shall live.
I bring you peace
that the world cannot give.
My peace I give you,
my peace I leave with you,
and I will comfort you
in times of trouble.
And if you love me, If You Love me
If you love me, keep my commands.
If you love me.