DIE KUNS VAN WAG: 7
– Romeine 5:1 – “Daarom, aangesien ons uit die geloof geregverdig is, het ons vrede met God deur onse Here Jesus Christus.”
– Vrede met God ontspring nie in my hart nie, maar aan die kruis.
Romeine 5:1 is die teologiese fondament van alle vrede. Verstaan jy dit, sal niks jou ooit weer van gemoedsvrede kan beroof nie! Die enigste blywende (!) vrede wat jou ooit tot rus kan bring, is die vrede wat deur God bewerk word. Alle ander vredespogigs is bloot dit: pogings, God se vrede is anders – dit is ‘n status.
Ons was nie voorheen “maar net” ver van God nie; ons was geag as vyande van God (aldus Romeine 5:10). Maar Christus -(die Middelaar) het die vyandskap beëindig.
Ons hoef nie die toekoms met angstigheid in te wag, asof op ‘n wispelturige leier nie. Ons wag met ‘n kalmte van gees, want wat eens onvrede was, is nou ‘n liefdevolle verhouding. (Vergelyk Kolossense 1:20.)
>

– Dink aan die laaste keer wat jy in jou hart skuldig of bang gevoel het oor jou verhouding met God. Wat beteken dit dat Jesus hiervan die bemiddeling gedoen het?
>

Vader, dankie vir die sekerheid van my regverdiging deur Christus. Mag ek nooit die prys vergeet wat U betaal het om my in U vrede in te bring nie.

