>
– Jesaja 40:31: “Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vlerke soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle loop en word nie mat nie.”
>
– “Heilige Wag” is die teenoorgestelde van uitputting; dit is ‘n belangrike komponent van om jou geestelike batterye te herlaai.
Die eindresultaat van die kuns van wag, is nie ‘n vinniger antwoord nie, maar vernuwende krag om die pad verder te stap. Jesaja gebruik drie progressiewe aksiebelaaide werkwoorde: hardloop, loop, en vaar op met vlerke. Dis nie sleepvoetend nie. Allermins!
Hierdie krag is nie ons s’n nie, maar dié van die Here. Wanneer ons hoopvol wag met versekerde geloof verruil die Gees ons eie vermoeidheid vir Sy vars, onuitputlike krag. (Vergelyk 2 Korintiërs 4:16.)
Die kuns van wag beteken dus om jou krag – wat reeds uitgeput is deur die daaglikse stryd – te verplaas op die Een wat reeds gereed staan om jou las vir jou ligter te maak. (Lees Matteus 11:28.) Hierdie krag stel ons in staat om die pad van die lewe met volharding te leef. (Lees ook Filippense 4:13.)
>
– As vlieg se simboliese betekenis visie/droom is; hardloop = om dringende take te voltooi, en loop = om alledaagse roetine uit te voer, wat is dit wat jy vandag die nodigste het?
>
Almagtige God, ek ruil my moegheid vir U krag. Ek wil nie meer op my eie energie hardloop nie. Vul my met die arendsvlerke sodat ek vandag die pad wat voorlê met U onuitputlike krag kan loop.
>
– As jy die naweek tyd het, lees ook:
* Psalm 33:20-22: Vertroue in die wagtyd.
* Romeine 8:24-25: Hoop wat met geduld verband hou.
* 1 Petrus 1:3-4: Die lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus.
* Titus 2:13: Die verwagting van die salige hoop.

