“Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante, soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk” (Psalm 72:6).
*****
Psalm 72 is ‘n sogenaamde Koningspsalm. Sulke psalms is gesing by die troonbestyging van ‘n koning. In sulke oomblikke het die volk gebuig, nie voor die koning nie, maar voor God. Mag God die koning seën. Die bedoeling daarvan was helder: as God die koning seën, dan sal die koning – as verteenwoordiger van God – God se seën na die volk toe laat oorvloei; “soos reën vir die plante” (v6).
Kyk wat word die koning toegebid: wees die een wat die mense wat swaar kry se las verlig (v2). Moenie dat onreg heers nie. Laat die koning nie regeer soos hy goeddink nie, maar, “soos U dit wil” (v1). Laat hy tog “die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie; … hom oor die swakke en die behoeftige ontferm, die lewens van die arm mense beskerm” (v12-13). Mag mense se lewens kosbaar wees in sy oë (v14).
Walter Brueggemann haal in een van sy artikels Martin Luther King aan wat ‘n toespraak met hierdie woorde geëindig het: “I know you are asking today, ‘How long will it take? When will (the) wounded … be lifted from this dust of shame? … How long will justice be crucified…?’ I come to say to you this afternoon, however difficult the moment, however frustrating the hour, it will not be long, because ‘truth crushed to earth will rise again.’ How long? Not long, because ‘no lie can live forever.’”
Elkeen van ons is op een of ander wyse ‘n regeerder oor ander – soms oor baie; en hier sien ons hoe God wil hê ons moet wees. Ook wat ons van vandag af vir ons regeerders kan bid!
GEBED: Mag U wil steeds seëvier, Here, ons God; in ons land en in ons eie lewens.
MUSIEK:
Ons kyk na die video-opname van Psalm 72: 6 en 7 in Nederlands uitgevoer in die Sint-Gertrudiskerk in Bergenop Zoom.
Uit die liriek:
Bloeie Zijn naam in alle streken,
zolang de zon verrijst.
Zijn koningschap zij ons een teken,
dat naar Gods toekomst wijst.
Dat opgetogen aller wegen,
de volken kunnen saam,
elkander groetend met de zegen,
van Zijn doorluchte naam.
Laat ons de grote naam bezingen,
van Hem die Israël leidt,
want Hij alleen doet grote dingen,
Zijn roem vervull’ de tijd.
Looft God de Heer, Hij openbaarde,
Zijn wonderen, Zijn eer.
Zijn heerlijkheid vervult de aarde.
Ja, amen, looft de Heer.