40 DAE VAN OORWINNING

40 DAE VAN OORWINNING

#40 – 4 Apr STIL-SATERDAG

> 💡 OORWINNING OP GOD SE TERME

“Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het … gekyk hoe sy liggaam neergelê word. Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.” – Lukas 23:55-56

Die grafsteen is toegerol; ’n ganse week se spanning in Jerusalem het tot bedaring gekom. Mense kon terugkeer na hulle gewone lewens. Die pyn van Golgota is verby, maar die lewe het nog nie getriomfeer nie.

Hierdie Saterdag se wag is nie betekenisloos nie. Die wêreld sien niks behalwe ’n toe graf nie, maar God werk “agter die skerms.” Stil Saterdag leer ons dat oorwinning nie altyd onmiddellik sigbaar is nie – dit gebeur op God se terme.

Hierdie dag herinner ons dat geduld, geloof en afwagting deel van die oorwinning is. Selfs wanneer ons niks sien nie, kan ons vertrou dat God se plan onwrikbaar en Sy belofte seker is.

🙏 Gebed:

> Here Jesus, ek worstel met wag en stilte.

> Help my om U teenwoordigheid te sien, selfs in skynbare leegte.

> Leer my dat oorwinning nie volgens my tyd kom nie, maar op U terme.

> Laat my geloof vasstaan, selfs wanneer ek niks sien nie.

> Dankie dat U in stilte werk en dat U beloftes altyd seker is. Amen.

Op Aswoensdag het 40 Dae so lank gevoel. En hier, vandag op Stil-Saterdag, het ons reeks tot ‘n einde gekom. More breek ‘n nuwe tydvak in ons kerkjaar aan: Pase. Dankie dat jy deel van hierdie geloofsreis was. Meer nog, dankie dat jy, dalk al vir jare, deel van hierdie geloofsbediening is. Die enigste wyse dat dit in stand gehou kan word, is deur mense soos jy wat dit dalk ook finansieel ondersteun. Wees verseker, die kleinste bedrag help om die emmer te vul waaruit ander weer kan skep. My bankbesonderhede is: STANDARD BANK; TAKKODE: 051001; REK NO: 080042805; REK NAAM: R M Bezuidenhout