GESKENKE VAN GENADE (6 April)

GESKENKE VAN GENADE (6 April)

Genade maak nuutheid moontlik

💭 Genade leer ons dat God liefhet oor Wie God is, nie oor wie ons is nie. Kategorieë van waardigheid is eenvoudig nie van toepassing nie. ~ Philip Yancey

> 📖 “Jesus sê vir haar: “Maria!” Sy het omgedraai en – in Hebreeus – vir Hom gesê: “Rabboeni!” Dit beteken ‘Leermeester’.” (Joh 20:16)

Paassondag vertel die groot verhaal van die opstanding. Paastyd wys vir ons hoe persoonlik die opstanding bedoel is om te wees: Maria Magdalena staan huilend buite die graf. Sy dink alles is verby. Die wêreld wat sy geken het, het saam met Jesus gesterf. Maar dan gebeur iets klein en ongelooflik: Jesus spreek haar naam uit – “Maria.”

In daardie een woord gaan haar oë oop. Die opstanding is nie net ’n gebeurtenis in die geskiedenis nie; dit is ’n ontmoeting. Die Opgestane Here ken haar naam.

Dit is hoe genade werk. Dit kom nie net as ’n algemene waarheid nie. Dit kom persoonlik na elkeen van ons. Dit vind ons waar ons huil, waar ons soek, waar ons dink alles is verlore.

Onthou net: jou naam is vandag ook op God se lippe.

🔎 Waar in jou lewe verlang jy daarna om weer die stem van Christus te hoor wat jou naam roep?

🙏 Here Jesus, dankie dat U my ken en my naam roep. In my onsekerheid en my vrae kom U na my toe. Help my om U stem te hoor te midde van die geraas van die wêreld. Laat U genade my vandag weer opnuut roep tot hoop en lewe.

BAIE, BAIE DANKIE aan elkeen wat in die laaste dae donasies gemaak het om hierdie bediening veerkragtig te hou. Sonder jou kan dit nie gebeur nie. Vele dinge gebeur “agter die skerms” om hierdie bediening moontlik te maak, en jou aanddeel hierin word waardeer. Sou jy steeds wou bydra: STANDARD BANK; TAKKODE 051001; REK NO: 080042805; REK NAAM: RM Bezuidenhout.