#5 – 6 BELOFTES (NAWEEK)

Een van die beloftes wat die meeste in die Bybel voorkom is die belofte dat God elke oomblik by ons sal wees. Daarom wil ek nog bietjie tyd hieraan spandeer. Die Ou Testament loop oor daarvan. Dit was Jesus se laaste woorde ook. Die uitstorting van die Heilige Gees is die bewys daarvan: God is met ons.

In Hebreërs 13:5-6 som dit mooi op, “God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?’”

As daar mense was wat onsekerheid geken het, was dit die lesers van die Hebreërsbrief!  Valse beloftes van “niks sal met julle gebeur nie”, was nie vir hulle ‘n troos nie; want hulle het die realiteite van daaglikse vervolging geken. Die Hebreërskrywer het dit geweet. En daarom moedig hy hulle juis aan om vasberade te bly. En hoe doen hy dit? Hy gaan terug in die geskiedenis in. Onthou julle hoe bang Moses was toe hy na die Farao toe moes gaan? Onthou julle hoe God gesê het, “Ek sal by jou wees” (Eks 3:12)?  Onthou julle die benoudheid van die psalmdigter van Psalm 118? Onthou julle hoe hy kon uitroep: “Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen” (v6)? 

Dink terug en onthou! Dit was nog altyd juis midde groot beproewinge dat mense herinner moet word aan God se teenwoordigheid. Geld dit nie vir ons ook nie? Ons leef met soveel onsekerheid. Ons bid so vinnig vir omstandighede wat moet verander? Maar moet ons nie dalk eerder pleit vir groeiende vertroue in God nie?

GEBED: Ek weet dat U my helper is, HERE. Help my om op U onwrikbare liefde te vertrou, ongeag die uitdagings wat ek in die gesig staar.

KUNS: “Die Opstanding” deur Piero della Francesca

MUSIEK:

Die “Veni creator spiritus” is ‘n Latynse gesang uit die 9de eeu wat toegeskryf word aan die Benediktynse monnik St. Rabanus Maurus.

Dit word gebruik as ‘n loflied vir die Vespers van Pinkster, sowel as vir die Oktaaf van Pinkster, waar dit steeds gevier word.

Sedert die 11de eeu word die Veni Skepper Spiritus ook by sinodes, ordenings en konklawe gesing.

Uit die liriek:

Come, Holy Ghost, Creator, come

from thy bright heav’nly throne;

come, take possession of our souls,

and make them all thine own.

Thou who art called the Paraclete,

best gift of God above,

the living spring, the living fire,

sweet unction and true love. (…)

O guide our minds with thy blest light,

with love our hearts inflame;

and with thy strength, which ne’er decays,

confirm our mortal frame. (…)

Through thee may we the Father know,

through thee th’eternal Son,

and thee the Spirit of them both,

thrice-blessed three in One.