Daar is groot verwagting geskep met die profesie van Jesaja 28:16, waar God sê: “Kyk, Ek lê ‘n fondamentklip in Sion, ‘n uitgesoekte klip – ‘n kosbare hoeksteen as fondament gelê.” In antieke tye was goeie klipkappers in aanvraag. Daar was nie sement wat die stene kon seël nie. Elke klip moes perfek by die ander inpas. G’n wonder Jesaja praat van ‘n “uitgesoekte klip” nie!
En tog, ‘n paar eeue later – in Psalm 118:22 – word hierdie woorde deur die psalmis geskryf: “Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword” (2020-vert.) . Dit maak net nie sin nie! God kies as belangrikste klip iets wat die prima-argitekte van die tyd sou afkeur.
Maar duidelik het God weereens ‘n plan! En dit is beslis nie ‘n plan wat by ons idee van “die beste” sou pas nie. Alhoewel beide hierdie twee teksverse ons nou na die Nuwe Testament lei, is dit goed om net ‘n oomblik na te dink oor – wat Karl Barth genoem het – die “Gans Andere”: God se planne is anders as ons s’n; God kies wie ons nie sal kies nie; God se tye is anders as ons s’n.
Een van die vreemde kenmerke van God is, dat God die “gunstelinge” verbygaan en die swakkeres kies om die werk te doen. Wie sou nou dink dat Moses ‘n goeie leier sou kon wees – hy het dan gestotter wanneer hy moes praat? Kon God nie maar van die begin af ‘n gewilliger profeet gekies het om na Nineve te gaan nie, toe kies God die protesterende Jona. In die Nuwe Testament sien ons dieselfde patroon – wie sou nou vissermanne kies om die eerste dissipels te word? Nie ek nie!
Waarmee is die Gans Andere in jou lewe besig? Wonder jy soms daaroor?
GEBED: In my gewoonheid het U vir my ook plek. Wys my waar U my wil gebruik, Here.
———-
MUSIEK:
Ons kyk na die musiekvideo van “God en God Alleen” deur 1800 Mannen Zingen
Uit die Liriek:
God en God alleen
Hij is de Bron van alles om ons heen
Elke kleur en elke vorm
De stilte en de storm
t Is God en God alleen
God en God alleen
Onthult ons alles dat verborgen scheen
En wat een mens ook denken kan
t Verandert nooit zijn plan
t Is God en God alleen
God en God alleen
Een God zo groot als Hij is er niet één
Dat al wat adem heeft aan Hem de glorie geeft
Aan God en God alleen