PADLANGS #2 – 3 Feb.

PADLANGS #2 – 3 Feb.

> 💡 DIE PAD VAN DIE LEË HANDE

📖 Lukas 9:58 – “Jakkalse het gate, voëls het neste, maar die Seun van die mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.”

Dissipelskap is nie ’n veldtog vol gemaksbeloftes nie. Daar is nie ’n “geriefsopsie” beskikbaar nie: soos Jesus geleef het, so moet sy volgelinge ook leef.

Dit is nie dissipelwees wat by ons leefstyl moet aanpas nie; dit is andersom! Die “Pad van die Leë Hande” is ’n pad van vertroue: jy plaas jou alles neer, en in ruil daarvoor ontvang jy God se alles. Jesus het so geleef. Daarom Sy dissipels ook.

Soos Paulus skryf: “Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Galasiërs 2:20).

🔌 Is jou hande te vol met jou eie planne om Jesus s’n vas te hou? Wat kan jy vandag langs die pad neerlê?

🛐 My Here, help my om eerlik te wees oor die bagasie waaraan ek nog vasklou. Leer my dat U genade vir my genoeg is. Amen.

🎧 VIR DIEPER DUIK: Waarom is Jesus se “rus” nie dieselfde as ons idee van gemak nie? Ons kyk vandag na die verskil tussen ‘n leunstoel-geloof en die vryheid van ‘n oop pad. Luister gerus na die oudio-bespreking