PADLANGS #3 – 4 Feb.
>
JESUS SE VREEMDE SMAAK IN MENSE
Matteus 9:13b – ” Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars .”
Wie sou jy kies as jy ’n wêreldwye geestelike beweging moes begin? Jou betroubare vriende? Dalk geleerdes of die geestelike elite?
Jesus kies vreemde mense vir Sy span. In Matteus 9 roep Hy ’n tollenaar—iemand wat deur sy eie mense as ’n verraaier en skelm beskou is. Sy span bestaan uit vissermanne, politieke ekstremiste en mense met gebroke verledes. Dit sê iets oor God se koninkryk: kwalifikasie hang nie van ’n gepaste resumé af nie, maar van bereidwilligheid. Jesus se woorde is helder: dit is die siekes wat ’n dokter nodig het. Mense wat so desperaat is vir God se genade, dat hulle bakhand voor Hom kom staan.
Wie in jou omgewing sou jy nooit as ’n dissipel gekies het nie? Wat sê jou oordeel oor jou eie verstaan van genade?
Jesus, dankie dat U my gekies het uit genade, al is ek hoe vol foute. Leer my om ander nie op hulle foute te takseer nie, maar met U oë te kyk. Amen.
VIR DIEPER DUIK : Hoe het ’n regeringsbeampte en ’n anti-regeringsaktivis in dieselfde dissipel-span beland sonder om mekaar te vermoor? Ons duik vandag in die “skandaal” van Jesus se span-keuses. Luister hier https://youtu.be/oWpHM13axtw?si=iUPvbrNdM8LS8kou

