PADLANGS #1 – 2 Feb.

PADLANGS #1 – 2 Feb.

💡 DAAR IS GEEN VOETSPOOR VAN ‘N DISSIPEL WAT NIE AL GESTRUIKEL HET NIE.

📖 Markus 8:17–18 “ Jesus het vir hulle gesê: ‘…Verstaan julle nog nie? Is julle verstand dan so verstar? Het julle oë en sien julle nie? Het julle ore en hoor julle nie? ’”

Ons dink soms dissipelskap is ’n lyn wat net opwaarts beweeg, maar die dissipels wys eerder ‘n zig-zag – pad . Jy sou verwag dat die dissipels, nadat hulle sopas die wonderwerk van vermeerdering van brode gesien het (Markus 8:1-8), presies sou verstaan waaroor Jesus praat. Wat ‘n misverstand: Jesus praat oor spirituele gevare – hulle dink aan kos!

Dissipel-wees sluit gebrekkige begrip, foute en traagheid in. Gister vol geloof – vandag vol vrae. Tog Jesus kies nie mense wat éérs alles verstaan en dán volg nie. Hy kies ons met ons gebrekkige begrip en stap dan die pad voluit met ons saam .

🔌 Wat laat jou soms voel asof jy ‘n zig-zag – pad loop en nie verstaan nie? Sien raak dat jou volgende tree steeds saam met Jesus gegee word.

🛐 Here, dankie dat U my as dissipel kies, ten spyte van my beperkinge. Leer my om meer te verstaan wat volgelingskap regtig beteken. Amen.

🎧 VIR DIEPER DUIK : Daar is ‘n rede waarom die dissipels (ons) tussen gister se sekerheid en vandag se vrese struikel. Luister gerus na die oudio-bespreking hieroor.

🌈 Finansieële Ondersteuning

Hierdie bediening is uitsluitelik afhanklik van vrywillige donasies. Indien jy dit kan bekostig, help my asb om die roeping te kan voortsit:

STANDARD BANK

TAKKODE: 051001

REK NO:080042805

RM BEZUIDENHOUT