“Wat is die mens dat U hom so hoog ag, dat U op hom ag gee?” (Job 7:17)
Hierdie woorde van Job klink so bekend! Dit herinner aan die mooie Psalm 8, waar Dawid (eeue later) sy loflied begin en eindig met hierdie woorde: “Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde” (v2, 10). Al jubelend kyk Dawid na die lewe om hom en hy is bly-verstom dat God bemoeienis maak met die mens.
Psalm 8:5 is geskryf as ‘n parodie op Job 7:17. ‘n Parodie is ‘n effense geterg waar die tweede teks (Psalm 8) ‘n regstelling maak op die skewe beeld van die eerste teks (Job 7). Vir Job was dit geskryf as ‘n klaaglied: “waarom maak God enigsins bemoeienis met die mens!” Dawid – daarenteen – skryf hierop ‘n loflied wanneer hy dieselfde vraag in Psalm 8:5 vra: “wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?” In plaas daarvan om te suggereer (soos Job) dat die mens eintlik nikswerd is, sê Dawid met sy psalm: “Jy is verkeerd, Job. Die mens is net bietjie minder werd as ‘n engel!”
Soms het ons die speelsheid van ‘n parodie nodig om ons skeefgetrekte uitkyk op die lewe te herstel. Ons wat so maklik oorweldig voel deur die tragedie van die lewe het weliswaar ook ‘n ander perspektief nodig. Vanuit ‘n ander hoek gesien lyk ons situasie dalk glad nie so sleg soos ons aanvanklik oordeel nie.
Is daar enige groter troos as om te weet dat ons nie vergete of onbeduidend in God se oë is nie. Ons pyn, vreugdes, hoop en vrese maak vir Hom saak. Ons is nie vir God ‘n bysaak nie!
Neem vandag ‘n oomblik om te rus in die versekering van God se aandag. Die Skepper waardeer en koester jou lewe!
GEBED: Hoe kan ek U genoeg loof dat my lewe vir U saak maak!
MUSIEK:
Vir ’n Saterdag kyk ons na die pas vrygestelde musiekvideo van “Somebody Prayed” deur die Amerikaanse kontemporêre Christelike Musiek sanger Crowder.
Uit die liriek:
Somebody Prayed
Every night there by your bed
You fold your hands and bow your head
Throwing out another prayer in faith
When you wonder if He’s hearing you
Look at me I’m living proof
I’m only right where I am today
Because somebody prayed
So I hit my knees
Cause I’ve seen all heaven move
(Don’t matter if you hit rock bottom,
My God pick you up when you call Him)
I pray, Father please
Cause I’ve seen what He can do
(Don’t matter if the storm cloud coming,
My God come through when you call Him)
These hands have no power
But there ain’t an hour He don’t come through
That’s why when mountains move I say
Looks like somebody prayed
For the child of God that’s far from home
The one who thinks they’re too far gone
I’m throwing out another prayer in faith
Worn out altars, tear stained pews
Still I won’t give up on you
I believe that anything can change
When somebody prays
I’ve seen miracles come from feeble words
I’ve seen hospital rooms turned into cathedrals
And I’ve seen freedom come to the prisoner
You can’t tell me that prayer don’t work
Every night there by your bed
When you fold your hands and bow your head
Not a single word you’ve ever said in vain
Cause He hears everything