“Maar nou,” so sê die HERE, jou Skepper, Jakob, die Een wat jou gevorm het, Israel, “moenie bang wees nie, want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep – aan My behoort jy” (Jes 43:1).
*
In 1945 is Dietrich Bonhoeffer tereggestel vir sy rol in die komplot om Adolf Hitler se regering omver te werp. Een van die gedigte wat hy geskryf het terwyl hy in die tronk was, is vandag welbekend. Dit is eenvoudig getiteld: WIE IS EK?
Die eerste drie strofes begin telkemale met die vraag, “Wie is ek?” en dan volg hy dit op met “Hulle sê dikwels vir my…” Húlle sê al hierdie mooi en indrukwekkende dinge, maar dan gaan die gedig voort:
“Is ek regtig wat ander van my sê?
Of is ek net wat ek van myself weet?
Rusteloos, verlangend, siek, soos ‘n voël in ‘n hok,
strydend vir asem, asof ek verstik word,
dors na kleure, na blomme, na voëlgesang,
dors na vriendelike woorde, na menslike nabyheid,
… magteloos bevrees vir vriende so ver weg,
te moeg en leeg om te bid, om te dink, om te werk,
moeg en gereed om alles vaarwel te sê?
Wie is ek? Hierdie of daardie?
Is ek hierdie een vandag en môre ‘n ander?
Is ek albei op dieselfde tyd? …
Wie is ek?
Wie ek ook al is, U ken my, o God, ek behoort aan U!
(Of, soos die Engelse vertaling dit weergee: “Whoever I am, thou knowest me; O God, I am thine!)
Wie is ek, Here? Geskep na U beeld, gekroon met heerlikheid en eer, maar so dikwels, in my eie oë, ‘n “jammerlike, snikkende swakkeling.”
Wie is jy regtig?
GEBED: Wanneer ek vergeet wie ek regtig is, Here, laat my onthou dat wie ek ook al is, ek is U s’n!
MUSIEK:
Die musiekkeuse vandag word vir ons aangebied deur ‘n Noord-Amerikaanse koor, bestaande uit 40 lede wat sing: “You are mine”.
Die lirieke kan jy hier lees:
YOU ARE MINE
Text: David Haas
Music: David Haas
Arranged by Lloyd Kauffman
I will come to you in the silence,
I will lift you from all your fears,
You will hear My voice,
I claim you as My choice,
Be still and know I am here.
I am hope for all who are hopeless,
I am eyes for all who long to see.
In the shadows of the night,
I will be your light;
Come and rest in Me.
Do not be afraid, I am with you.
I have called you each by name.
Come and follow Me,
I will bring you home,
I love you and you are Mine.
I am strength for all the despairing,
Healing for the ones who dwell in shame.
All the blind will see,
The lame will all run free,
And all will know My name.
I am the Word that leads all to freedom,
I am the peace the world cannot give,
I will call your name,
Embracing all your pain;
Stand up, now, walk, and live!